Sharon Alida Maria (Sharon) Dijksma (gebore op 16 April 1971 in Hoogkerk, Groningen) is 'n Nederlandse politikus van die PvdA.

Sedert 17 Desember 2020 is sy die burgemeester van Utrecht.

Biografie Dijksma volg Voorbereidende Wetenskaplike Onderwys (VWO) aan die Kamerlingh Onnes College in Groningen en studeer aanvanklik regte aan die Rijksuniversiteit Groningen en daarna bestuurskunde aan die Universiteit Twente, maar voltooi nie een van die twee nie.

Sy was reeds op 23-jarige ouderdom (vanaf 1994 tot 2007) lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal namens die sosialisties-demokratiese Party van die Arbeid. Van 2007 tot 2010 het sy in die Balkenende IV-kabinet as adjunk-minister van Onderwys, Kultuur en Wetenskap gedien. Van 2010 tot 2012 was sy weer Tweede Kamerlid, en van 2012 tot 2015 adjunk-minister van Ekonomiese Sake. Sy was vanaf 2015 tot 2017 adjunk-minister van Infrastruktuur en Omgewingsake vir die Rutte II-kabinet.

Vanaf 2018 tot 2020 het sy gedien as adjunk-burgemeester van Amsterdam.

Persoonlik Sy is getroud en sy en haar man het drie kinders: twee dogters en 'n seun. Hulle het 'n geruime tyd lank in Enschede, 'n Nederlandse stad in die provinsie Overijssel gewoon, maar is tans woonagtig in Amsterdam.

Eksterne skakels

S.A.M. (Sharon) Dijksma, Parlement.com

Kategorie:Nederlandse adjunk-ministers Kategorie:Nederlandse burgemeesters Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense