Annette Carol Bening (gebore op 29 Mei 1958) is ’n Amerikaanse aktrise.
Loopbaan Sy het haar loopbaan op die verhoog begin en is in 1987 vir die Tony vir beste aktrise in ’n toneelstuk benoem vir haar spel in Coastal Disturbances. Sy is vier keer vir ’n Oscar benoem, vir die rolprente The Grifters (1990), American Beauty (1999), Being Julia (2004) en The Kids Are All Right (2010). Sy het ’n Bafta gewen vir American Beauty en ’n Golden Globe vir Being Julia en The Kids Are All Right. Haar ander prente sluit in Valmont (1989), Bugsy (1991), The American President (1995), The Siege (1998), Open Range (2003) en Running with Scissors (2006).
In 2006 is sy vir ’n Emmy benoem vir haar spel as Jean Harris in Mrs. Harris. In dieselfde jaar het sy ’n ster gekry op die Hollywood Walk of Fame.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu