Jeffrey Leon "Jeff" Bridges (gebore op 4 Desember 1949) is ’n Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger. Hy kom uit ’n vooraanstaande akteursgesin.
Loopbaan Bridges het in 1951 in sy eerste rolprent, The Company She Keeps, verskyn toe hy amper twee jaar oud was. In sy jeugjare het hy in die televisiereeks Sea Hunt (1958–'60) verskyn saam met sy pa, Lloyd Bridges, en broer, Beau Bridges. Hy was ook in die reeks The Lloyd Bridges Show (1962–1963) te sien.
In 1971 het hy die hoofrol in die televisieprent In Search of America vertolk. Sy eerste groot rol was in die 1971-rolprent The Last Picture Show, waarvoor hy vir ’n Oscar vir beste manlike byspeler benoem is.Soos op Inside the Actors Studio, 2003 In 1972 was hy in die hoog aangeskrewe neo-noir-boksfliek Fat City.
Hy het die Oscar vir beste akteur gewen vir sy rol as Otis "Bad" Blake in die 2009-rolprent Crazy Heart, en het nog benoemings vir dié prys gekry vir sy rolle in Thunderbolt and Lightfoot (1974), Starman (1984), The Contender (2000) en True Grit (2010).
Bridges se ander prente sluit in Tron (1982), waarin hy een van sy bekendste rolle vertolk, Jagged Edge (1985), The Fabulous Baker Boys (1989), The Fisher King (1991), Fearless (1993), The Big Lebowski (1998), Seabiscuit (2003), Iron Man (2008), Tron: Legacy (2010) en The Giver (2014).
Filmografie Rolprente 1951: The Company She Keeps 1970: Halls of Anger 1971: The Last Picture Show 1971: The Yin and the Yang of Mr. Go 1972: Fat City 1972: Bad Company 1973: Lolly-Madonna XXX 1973: The Last American Hero 1973: The Iceman Cometh 1974: Thunderbolt and Lightfoot 1975: Rancho Deluxe 1975: Hearts of the West 1976: Stay Hungry 1976: King Kong 1978: Somebody Killed Her Husband 1979: Winter Kills 1979: The American Success Company 1980: Heaven's Gate 1981: Cutter's Way 1982: Tron 1982: Kiss Me Goodbye 1982: The Last Unicorn 1984: Against All Odds 1984: Starman 1985: Jagged Edge 1986: 8 Million Ways to Die 1986: The Morning After 1987: Nadine 1988: Tucker: The Man and His Dream 1989: See You in the Morning 1989: The Fabulous Baker Boys 1990: Texasville 1991: The Fisher King 1992: American Heart 1993: The Vanishing 1993: Fearless 1994: Blown Away 1995: Wild Bill 1996: White Squall 1996: The Mirror Has Two Faces 1998: The Big Lebowski 1999: Arlington Road 1999: The Muse 1999: Simpatico 2000: The Contender 2001: Scenes of the Crime 2001: K-PAX 2002: Lost in La Mancha 2003: Masked and Anonymous 2003: Seabiscuit 2004: The Door in the Floor 2005: The Amateurs 2005: Tideland 2006: Stick It 2007: Surf's Up 2008: Iron Man 2008: How to Lose Friends & Alienate People 2009: The Open Road 2009: Crazy Heart 2009: The Men Who Stare at Goats 2010: Tron: Legacy 2010: True Grit 2012: A Place at the Table 2013: R.I.P.D. 2013: Pablo 2014: The Giver 2014: Seventh Son 2015: The Little Prince 2016: Hell or High Water 2017: Dream Big 2017: The Only Living Boy in New York 2017: Kingsman: The Golden Circle 2017: Only the Brave 2018: Bad Times at the El Royale 2018: Living in the Future's Past
Verwysings
Eksterne skakels
Jeff Bridges by Emmys.com
Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu