Woodrow Tracy "Woody" Harrelson (gebore op 23 Julie 1961) is ’n Amerikaanse akteur, aktivis en skrywer. Hy is twee keer vir ’n Oscar benoem en het ’n Emmy gewen.
Loopbaan Die rol waarvoor hy bekend geraak het, was as die kroegman Woody Boyd in die televisiesitkom Cheers (1982-1993), waarvoor hy vyf keer vir ’n Emmy benoem is (en een gewen het). Van sy noemenswaardige rolprentrolle sluit in Dustin Pennett in Cool Blue (1989), Billy Hoyle in White Men Can't Jump (1992), Mickey Knox in Natural Born Killers (1994), Roy Munson in Kingpin (1996), Larry Flynt in The People vs. Larry Flynt (ook 1996), Dusty in A Prairie Home Companion (2006), kaptein Tony Stone in The Messenger (2009), Tallahassee in Zombieland (ook 2009) en Haymitch Abernathy in die The Hunger Games-reeks (2012-2015).
Harrelson het vir The People vs. Larry Flynt en The Messenger ’n Oscar-benoeming vir onderskeidelik beste akteur en beste manlike byspeler gekry.Woody Harrelson by IMdb
In 2014 het hy die rol van speurder Martin Hart vertolk in die misdaaddramareeks True Detective, waarin hy saam met Matthew McConaughey verskyn en waarvoor hy en McConaughey albei vir ’n Emmy benoem is.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse anargiste