David Keith Lynch (20 Januarie 1946 - 15 Januarie 2025) was 'n Amerikaanse regisseur, draaiboekskrywer, vervaardiger, skilder, musikant en romanskrywer. Hy is bekend vir sy surrealistiese rolprente en unieke styl. Die surrealistiese en, in baie gevalle, gewelddadige elemente in sy werk ontstel dikwels gehore en laat hulle aanstoot neem.Lynch en Rodley 2005. p. 245.
Vroeë lewe en loopbaan Lynch het in sy kinderjare saam met sy gesin deur Amerika gereis en daarna skilderwerk in Philadelphia studeer. Hier het hy die oorgang na die vervaardiging van kortprente gemaak. Hy het na Los Angeles verhuis waar hy sy eerste vollengteprent, die surrealistiese riller Eraserhead (1977), gemaak het. Nadat die prent ’n kultusfliek geword het, is Lynch in diens geneem om ’n biografiese prent oor ’n misvormde man, Joseph Merrick, te maak met die titel The Elephant Man (1980), waarmee hy hoofstroomsukses behaal het.
Hy het daarna twee prente vir die De Laurentiis Entertainment Group gemaak: die epiese wetenskapsfiksieprent Dune (1984), wat ’n mislukking was, en die neo-noir-misdaadprent Blue Velvet (1986), ’n reusesukses.
Hierna het Lynch sy eie televisiereeks, die gewilde moordraaisel Twin Peaks (1990–1991; 2017), saam met Mark Frost gemaak, asook die rolprentopvolg, Twin Peaks: Fire Walk with Me (1992). Hierop het gevolg Wild at Heart (1990) en The Straight Story (1999). Hy het toe teruggekeer na sy surrealistiese werk met flieks soos die sielkundige riller Lost Highway (1997), die neo-noir-raaiselfliek Mulholland Drive (2001) en die raaiselfliek Inland Empire (2006). Intussen het Lynch die internet as ’n medium ontdek en verskeie webgebaseerde stukke gemaak, soos die animasieproduksie DumbLand (2002) en die surrealistiese sitkom Rabbits (2002).
Ander ondernemings sluit in sy werk as sanger-liedjieskrywer (hy het twee soloalbums uitgereik – Crazy Clown Time, 2011, en The Big Dream, 2013), die David Lynch-stigting om bosintuiglike meditasie in skole te leer, skilder en fotografie. Hy het ook twee romans geskryf – Images (1994) en Catching the Big Fish (2006) – en verskeie musiekvideo's en advertensies geregisseer.
Lynch het drie Oscar-benoemings vir beste regisseur gekry en een vir beste draaiboek. Hy het twee keer Frankryk se César-prys gewen vir beste buitelandse rolprent, sowel as die Palme d'Or op die Cannes-rolprentfees en ’n Goue Leeu vir sy lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf op die Venesiese Rolprentfees. Die Franse regering het in 2002 aan hom die Erelegioen, die land se hoogste burgerlike toekenning, toegeken as ’n Chevalier en in 2007 as ’n Officier. In 2007 het The Guardian Lynch ook beskryf as "die belangrikste regisseur van hierdie era".
Filmografie
Rolprente Jaar Titel Verspreider Verw. 1977 Eraserhead Libra Films 1980 The Elephant Man Paramount Pictures 1984 Dune Universal Pictures 1986 Blue Velvet De Laurentiis Entertainment Group 1990 Wild at Heart The Samuel Goldwyn Company 1992 Twin Peaks: Fire Walk with Me New Line Cinema 1997 Lost Highway October Films 1999 The Straight Story Buena Vista Pictures (onder die vaandel van Walt Disney Pictures) 2001 Mulholland Drive Universal Pictures 2006 Inland Empire Absurda, 518 Media
Televisie Jaar Titel TV-netwerk Verw. 1990–1991 Twin Peaks ABC 1992 On the Air 1993 Hotel Room HBO 2017 Twin Peaks (Seisoen 3) Showtime
Pryse en benoemings Lynch het verskeie pryse en benoemings ontvang, insluitende drie Oscar benoemings vir beste regisseer en een vir beste verwerkte draaiboek. Hy het twee keer Frankryk se César-toekenning vir beste buitelandse rolprent gewen, sowel as die Palme d'Or tydens die Cannes-rolprentfees en die Goue Leeu vir lewenslange pretasie tydens die Venesiese Rolprentfees. In 2017 het die The MacDowell Colony die Edward MacDowell-medalje aan Lynch toegeken vir uitstaande bydrae tot Amerikaanse kultuur.
Diskografie
Ateljee albums Crazy Clown Time (2011) The Big Dream (2013)
Albums saam met andere Lux Vivens (met Jocelyn Montgomery) (1998) BlueBOB (met John Neff) (2001) The Air Is On Fire (met Dean Hurley) (2007) Polish Night Music (saam met Marek Zebrowski) (2007) This Train (met Chrystabell) (2011) Somewhere in the Nowhere (met Chrystabell) (2016) Thought Gang (met Angelo Badalamenti) (opgeneem 1992/93) (2018) Cellophane Memories (met Chrystabell) (2024)
Eenman-uitstallings van sy skilderkuns 1967: Vanderlip Galery, Philadelphia 1983: Puerto Vallarta, Meksiko 1987: James Corcoran Galery, Los Angeles 1989: Leo Castelli Galery, New York 1990: Tavelli Galery, Aspen 1991: Gendai bijutsukan, Tokio 1992: Sala Parpallo, Valencia 1993: James Corcoran Galery, Los Angeles 1995: Kaiga-kan, yagai hakubutsukan, Hakone, Japan 1996: Park Tawāhōru, Tokio 1997: Galerie Piltzer, Parys 2007: Fondation Cartier pour l'Art Contemporain, Parys 2008: Epson Kunstbetrieb, Düsseldorf 2009: Max-Ernst-Museum, Brühl 2010: Mönchehaus Museum, Goslar 2010: GL Strand, Kopenhagen 2012: Galerie Chelsea, Sylt 2012: Galerie Pfefferle, München 2013: Galerie Barbara von Stechow, Frankfurt 2014: The Photographers' Gallery, Londen 2014: Middlesbrough Institute of Modern Art 2014/15: Pennsylvania Academy of the Fine Arts, Philadelphia 2015: Queensland Gallery of Modern Art, Brisbane 2017: Centrum Sztuki Współczesnej Znaki Czasu, Toruń, Pole 2018: Kayne Griffin Corcoran, Los Angeles 2018/19: Bonnefantenmuseum, Maastricht, Nederland 2019: HOME, Manchester, Verenigde Koninkryk 2019: Sperone Westwater Galery, New York 2021/22: Kunsthallen Nikolaj, Kopenhagen
Verwysings
Eksterne skakels David Lynch-stigting: bosintuigelike meditasie David Lynch by Allmovie David Lynch by Moviefone David Lynch by Rotten Tomatoes
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Amerikaanse animasiekunstenaars Kategorie:Amerikaanse skilders