Die witspikkel-koffervis (Ostracion meleagris) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die kus van Oos-Afrika en suidwaarts tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Whitespotted boxfish.

Identifikasie Die vis word tot 25 cm lank en die mannetjie en wyfie is verskillend gekleur. Die mannetjie is donker bruin met wit kolletjies op die rugkant en die laer sye is blou met oranje kolletjies. Die wyfies en onvolwassenes is swart met wit kolletjies op. Die vis se lyf word langer soos dit volwassenheid bereik.

Die vis leef in rotsplate en vlak aflandige riwwe in water wat 1 tot 30 m diep is waar hulle onder rotsoorhange bly. Hulle kom een-een of in pare voor. Die vis vreet alge, sponse en ongewerweldes.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel Ostracion meleagris (Whitespotted boxfish) by FishBase.

Kategorie:Beenvisse