Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Javaans.

duimnael|links|Java-dansers toon Ramayana-ballet duimnael|links|Die Prambanan-tempelkompleks, gebou tydens die Mataram-koninkryk Die Javane (Ngoko Javaans: ꦮꦺꦴꦁꦗꦮ, Krama Javaans: ꦠꦶꦪꦁꦗꦮꦶ, Ngoko Gêdrìk: wòng Jåwå, Krama Gêdrìk: tiyang Jawi, Indonesies: suku Jawa) is 'n etniese groep inheems aan die Indonesiese eiland Java, wat Javaans as moedertaal praat. Met sowat 100 miljoen mense (soos op 2011) vorm hulle die grootste etniese groep in Indonesië. Hulle leef hoofsaaklik in die sentrale en oostelike dele van die eiland, maar in die volksmond word die hele bevolking van die eiland Java valslik Javane genoem. As gevolg van die Transmigrasi is daar ook 'n beduidende aantal mense van Javaanse afkoms in die meeste provinsies van Indonesië, Maleisië, Singapoer, Suriname, Suid-Afrika en Nederland.

Die Javaanse etniese groep het baie ondergroepe, soos die Mataram, Cirebonese, Osing, Tenggerese, Boyanese, Samin, Naganese, Banyumasan, ens. Hulle is verwant aan ander Indonesiese etniese groepe soos die Maleiers, Soendanese, Madurese, Tionghoa, Balinese en Indiërs.

Die meerderheid van die Javane identifiseer hulself as Moslems en 'n minderheid identifiseer hulself as Christene of Hindoes. Tog is die Javaanse beskawing beïnvloed deur meer as 'n duisend se interaksies tussen die inheemse animisme Kejawen en die Indiese Hindoe-Boeddhistiese kultuur en hierdie invloed is nog sigbaar in die Javannese geskiedenis, kultuur, tradisies en kunsvorme. Tot in die 16de eeu was die meeste Javane Hindoes of Boeddhiste, maar nadat Arabiese en Indiese handelaars die Maleise argipel bereik het, het die meeste Javane tot Islam bekeer.

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Indonesië Kategorie:Etniese groepe in Maleisië Kategorie:Etniese groepe in Singapoer Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika