Die wolfkardinaal (Cheilodipterus artus) is 'n kardinaalvis wat voorkom aan die ooskus van Afrika en die Indies-Pasifiese area. Dit is seldsaam aan die kus van Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Wolf cardinalfish.
Identifikasie Die vis word tot 22 cm lank en is een van die groter kardinaalvisse. Daar is agt tot tien donkerbruin horisontale strepe wat oor die witterige lyf strek. Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 25 m diep is. Daar verkies hulle om in grotte en onder oorhangende rotse te bly. Hulle kom een-een of in pare voor en vreet klein ongewerweldes en soöplankton.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996
Verwysings
Eksterne skakel Cheilodipterus artus FishBase
Kategorie:Beenvisse