Knaanies (ook Kanaanies, Leshon Knaan of Jode-Slawies) was 'n Wes-Slawiese taal, wat voorheen in die Tsjeggiese gebied, nou Tsjeggiese Republiek, gepraat is. Dit het na die Middeleeue uitgesterf. Die naam Knaanies het hoofsaaklik na Tsjeggiese Jode verwys, maar ook na ander Jode-Slawiese tale.

Kategorie:Joodse tale Kategorie:Slawiese tale Kategorie:Uitgestorwe tale van Europa