AarlenArlon • Arel 280px Kaart Wapen 170px|center 75px|center Vlag border|90px|center Land Gewes (deelstaat) 22px Wallonië Provinsie 20px Luxemburg Koördinate Oppervlak: - Totaal 118,64 vk km Bevolking: - Totaal (1 Januarie 2011) 27 986 - Bevolkingsdigtheid 236/vk km Tydsone UTC +1 (MET) Burgemeester Vincent Magnus (cdH) Amptelike Webwerf www.arlon.be
Aarlen (Frans: Arlon, Duits en Luxemburgs: Arel) is saam met Tongeren en Tournai een van die drie oudste stede in België en sedert 1839 die hoofstad van die Belgiese provinsie Luxemburg, met 'n oppervlakte van 118,64 km² en sowat 28 000 inwoners (2011).
Die stad, wat aan die kant van die Ardenne-gebergte en sowat 190 kilometer van Brussel lê, dateer uit die Gallo-Romeinse tydperk. Die Romeinse nedersetting Orolaunum, waarvan die huidige naam van die stad afgelei is, word in die jaar 52 v.C. gestig.
Aarlen is deel van Wallonië en die Franse Gemeenskap (Communauté Française) van België, alhoewel dit ook tot die Luxemburgse taalgebied behoort. Alhoewel die Luxemburgse taal (Lëtzebuergesch) in België geen amptelike status het nie, is deur die stadsraad van Aarlen tweetalige Frans-Lëtzebuergesche straatborde opgerig.
Besienswaardighede duimnael|links|250px|Die Sint-Donatuskerk (église Saint-Donat) uit die 17de eeu Die Musée luxembourgeois (Museum van die Provinsie Luxembourg) vertoon 'n aantal vondse uit die Romeinse en Merowingiese tydperk, onder meer Romeinse grafstene en sarkofage. Die Romeinse toring by die markplein dateer uit die 3de eeu n.C. Die toring van die Sint Donatuskerk is 'n gewilde uitkykplek wat 'n uitsig oor die streek tot by die gebiede oorkant die Franse en Luxemburgse grens bied.
Kookkuns Die plaaslike Meidrank is 'n gewilde aperitief, wat van Moeselwyn gemaak en steeds met 'n lemoenskyfie bedien word.
Kategorie:Munisipaliteite in Luxemburg (provinsie) Kategorie:Nedersettings in Luxemburg (provinsie) Kategorie:Provinsiehoofstede van Wallonië Kategorie:Stede in Wallonië