Die Koerse taal (kursenieku valoda; Lets: kuršu valoda; Litaus: kuršių kalba) tel onder die Indo-Europese tale, meer spesifiek die Baltiese Tale. Dit is oorspronklik in Koerland (Suid-Letland) en in noordelike Oos-Pruise gepraat. Dit is onduidelik of Koers tot die Wes- of Oos-Baltiese groep van die Baltiese tale behoort.
Volgens een wellig omstrede mening gaan dit om 'n Wes-baltiese taal, wat later weens die invloed van Oos-Baltiese tale tot 'n Oos-Baltiese tipe ontwikkel het. So onlangs as die 18de eeu was Koers 'n baie lewendige taal. Dit is egter daarna deur Duitse, toe Russiese en uiteindelik Letse invalle verdring. Omstreeks 1930 is Koers nog deur 9 500 sprekers in Koerland en in die Duitse Memelbekken gebesig, maar weens die Tweede Wêreldoorlog en verdrywing uit Oos-Pruise het daar teen 1950 slegs 2 500 sprekers oorgebly.
Toekoms Om die taal te bewaar, word daar met behulp van die laaste Koers-sprekendes (2004: agt mense) 'n stel Koerse-handboeke uitgegee. 'n Sleutelfiguur in dié verband is Richard Pietsch, een van die oorblywende Koerssprekers en outeur van die Deutsch-Kurische Wörterbuch (Duits-Koerse Woordeboek) en die tweetalige boek Fischerleben auf der Kurischen Nehrung (Visserslewe op die Koerse Skoorwal).
Die sprekertal op die langeduur Jaar Getal sprekers 1620 ongeveer 150 000 1871 16 842 1905 14 987 1930 9 500 1950 2 500 2004 sover bekend 8
Verwysings
Eksterne skakels Duits: Sprachgeschichten – Nur Richard Pietsch beherrscht noch das Kurische Die Indo-Europee Databasis (TIED) webwerf wat fokus op inligting oor die taal, geskiedenis en kultuur van Indo-Europese bevolkingsgroepe. Die ou man en die taal (Duits: Der alte Mann und die Sprache artikel oor Richard Pietsch een van die laaste agt Koerse sprekers. Resensie oor: "Der letzte Elch" Sandkastenspiele – oor 'n gesprek met Richard Pietsch. Ethnologue inskrywing oor Pruisies waarin Koers (Engels: Curonian) as uitgestorwe beskryf word. Arikel in Duits oor die Koere
Kategorie:Baltiese taal Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Tale van Duitsland Kategorie:Tale van Letland Kategorie:Tale van Litaue