Operasie Totalize (ook gespel "Operasie Totalise" in meer onlangse Britse bronne) was 'n aanval van die Geallieerde magte van die First Canadian Army gedurende die laaste fases van Operasie Overlord van 8 tot 13 Augustus 1944. Die bedoeling was om deur die Duitse verdediging te breek suid van Caen op die oostelike flank van die Geallieerde posisie in Normandië en om die sukses te benut en suidwaarts te beweeg om die hoërliggende gebied te wen noord van die stad Falaise. Die algehele doel was om die ineenstorting van die hele Duitse front te bespoedig en om die retirerende Duitse magte af te sny wat verder wes teen die Amerikaanse en Britse magte geveg het. Die veldslag word beskou as die intree operasie van die Kanadese Weermag wat amptelik aktief geword het op 23 Julie.Bercuson, bl. 229
In die vroeë ure van 8 Augustus 1944 het II Canadian Corps 'n aanval geloods waarin hulle gemeganiseerde infanterie gebruik het. Hulle het deur die Duitse front linies gebreek en belangrike posisies ingeneem wat diep binne die Duitse verdediging was. Die bedoeling was dat twee nuwe gewapende afdelings die geveg sou voortsit maar die betreklik onervare afdelings het gehuiwer en die Duitsers se gewapende teenaanvalle het die offensief vertraag. Nadat hulle 9 myl (14 km) gevorder het, is die Geallieerdes 7 myl (11 km) noord van Falaise gestuit en gedwing om 'n nuwe aanval te beplan.Wilmot, bl. 414
Agtergrond Caen was 'n mikpunt van die Britse magte wat Sword strand op D-Dag aangeval het.Van der Vat, bl. 110 Die Duitse verdediging was egter op sy sterkste in hierdie sektor en die meeste van die Duitse versterkings wat na Normandië gestuur was, was verbind tot die verdediging van die stad.Bercuson, bl. 215 Die volgende ses weke was gekenmerk deur posisionele oorlogvoering. Verskeie pogings deur Britse en Kanadese magte om Caen te verower was onsuksesvol tot 9 Julie. Toe is die hele stad noord van die Ornerivier ingeneem tydens Operasie Charnwood. Tussen 18 Julie en 20 Julie het Britse magte Operasie Goodwood uitgevoer om die hele stad na die ooste en suide te omvleuel. Terselfdertyd het Kanadese magte Operasie Atlantic gereël om die Ornerivier oor te steek en die oorblywende dele van die stad op te ruim. Alhoewel Operasie Goodwood tot stilstand gekom het met swaar verlies aan tenks, het die twee operasies uiteindelik 'n vesting suid van Orne verseker van 6 myl (9.7 km) wyd en 3 myl (4.8 km) diep.Van Der Vat, bl. 157
Die Duitsers het steeds beheer gehad oor die terrein by Verrièresrif - 5 myl (8.0 km) suid van die stad. Die herhaalde Britse en Kanadese aanvalle rondom Caen (deels om die Duitsers weg te lei van die westelike gedeelte van die frontVan der Vat, bl. 161 waar die First United States Army gereed gemaak het om uit die Geallieerde skans te breek) het daartoe gelei dat die Duitsers Verrièresrif verdedig het met van hulle sterkste en mees vasberade formasies. Dit het ingesluit elemente van drie SS Pantserdivisies van die I SS Panzer Corps.Van der Vat, bl. 161
Binne 48 uur na afloop van Operasie Goodwood het die 2nd Canadian Infantry Division 'n aanval geloods teen die "formidabele" Duitse verdediging op Verrièresrif.Bercuson, bl. 222 Hulle het meer as 1,300 slagoffers gehad en gebiedsuitbreiding was minimaal. Van 25 Julie tot 27 Julie is nog 'n poging aangewend om die rif te wen as deel van Operasie Spring. Swak uitvoeringReid, bl. 52 het gelei tot omtrent 1,500 Kanadese verliese.Stacey, bl. 194 Die Slag van Verrièresrif het in totaal meer as 2,800 Kanadese verliese opgelewer.Zuehlke, bl. 166–168 Terwyl die rif steeds in Duitse besit wasBercuson, bl. 226 het die 2nd Canadian Infantry Division 'n vastrapplek gekry op die rif tussen die dorp Verrières na St.Martin-de-Fontenay. Hier kon die troepe versamel ter voorbereiding van Totalize sonder dat die Duitsers hul kon waarneem.Reid, bl. 57
Op 25 Julie het die Amerikaners ook hul deurbreek offensief Operasie Cobra geloods. Dit het onmiddellike sukses bereik.Wilmot, pp.390–392 Teen die einde van die derde dag van die operasie het die Amerikaanse magte 15 myl (24 km) vordering suid van die Cobra beginpunt gemaak.Wilmot, bl. 393 Op 30 Julie het Amerikaanse magte beheer geneem van Avranches aan die voet van die Cotentin-skiereiland. Die Duiste linkerflank was nou oop en binne 24 uur het eenhede van die United States Third Army Brittany ingeneem en verder suid en wes voortbeweeg deur die oop gebied sonder noemenswaardige weerstand.Wilmot, bl. 394 Drie Duitse Pantserafdelings — die 1ste SS, 9de SS en 116de SS — is weswaarts geskuif van Verrièresrif af om hierdie nuwe bedreiging te trotseer.Bercuson, bl. 226
Die Britse Generaal Bernard Montgomery (bevelvoerder van die grondtroepe in Normandië) wou nou 'n aanval loods op die oostelike flank van die front om Falaise te kon inneem- menende dat so 'n skuif die algehele Duitse ineenstorting kon bespoedig.Wilmot, bl. 410 Die First Canadian Army onder bevel van Luitenant-generaal Harry Crerar het die deel van die geallieerde front beheer. Dit het bestaan uit die Britse I Corps wat verantwoordelik was vir die verre oostelike flank van die geallieerde linies - asook II Canadian Corps suid van Caen.Wilmot, bl. 410 Canadian II Corps, sou Operasie Totalize afskop en was onder bevel van Luitenant-generaal Guy Simonds. Dit het bestaan uit die 2nd Canadian Infantry Division, 3rd Canadian Infantry Division, 49th (West Riding) Infantry Division,Delaforce, bl. 138 51st (Highland) Infantry Division, 4th Canadian (Armoured) Division, 1st Polish Armoured Division, 2nd Canadian Armoured Brigade en die Britse 33rd Armoured Brigade.Van der Vat, bl. 166
Aanvalsplan Die Duitse verdediging het baie sterk gebly op Verrièresrif.D'Este, bl. 423 Die voorste infanterieposisies was goed ingegrawe en het 'n wye terrein gehad om in te kon skiet.Bercuson, bl. 221 Die grootste konsentrasie van eenhonderd 75 mm en 88 mm anti-tenk kanonne was ontplooi rondom die dorpe Cramesnil en Saint-Aignan-de-Cramesnil 3 myl (4.8 km) agter die voorste stellings sodat enige deurbrake met tenks gestuit kon word langs die Caen-Falaise pad.D'Este, bl. 423 Die frontlinie en diepteverdediging was gehou deur die 89ste Infanterie Afdeling, 85ste Infanterie Afdeling (wat van Rouen arriveer het) en die oorblywende magte van die 272nd Grenadier Infantry Division (wat uitgedun is deur die Kanadese tydens Operasie Atlantic).Van der Vat, bl. 166 Die 12th SS Panzer Division Hitlerjugend, met 'n bygaande swaar tenk bataljon – met vyftig tenks in totaal - was 'n reserwe mag 'n verdere 3 myl (4.8 km) agtertoe.Bercuson, bl. 228 Sommige dele van die infanterie was onder aanvoering van die Duitse LXXXVI Korps, maar meeste van die sektor (en 12th SS Panzer Division) was onder die bevel van I SS Panzer Corps wat in die area aangekom het tydens Operasie Goodwood.Bercuson, bl. 228
Simonds het geweet dat infanterie-aanvalle wat gesteun word deur massa artillerie nie daarin kon slaag om die Duitse voorste linies te verslaan tydens Operasie Atlantic en Operasie Spring nie. Gedurende Operasie Goodwood het 'n bombardering deur vliegtuie van die RAF Bomber Command die Britte in staat gestel om deur die Duitse front te breek. Hulle het egter swaar verliese gely deur die ongeskonde Duitse diepteverdediging.Van der Vat, bl. 160 Infanterie was nie in staat om vinnig te volg en die leidende tenks te steun of die grondgebied agter hulle te beveilig nie (die opvolgeenhede is dus ook vertraag).Van der Vat, bl. 160 Ter oplossing van die uitdagings wat die terrein en die diepteverdediging meegebring het, het Simonds 'n radikale oplossing voorgestel wat in effek die wêreld se eerste, grootskaalse gemeganiseerde infanterie-aanval sou wees.Van der Vat, bl. 166
Van die Kanadese en Britse infanterie-afdelings is tydelik toegerus met M7 Priest selfgedrewe kanonne vir die D-Dag landings. Hierdie wapens is daarna onttrek en vervang met gesleepte Ordnance QF 25 ponders. Simonds het die Priests laat omskep in Kangaroo gepantserde troepedraers wat die infanterie in staat gestel het om naby die tenks te volg oor enige terrein.Bercuson, bl. 228 Aangesien die M7s van die Amerikaners geleen is, moes toestemming eers by hulle verkry word om dit te omskep in troepedraers.Van der Vat, bl. 166.
Simonds het lugslaankrag 'n belangrike deel gemaak van sy plan om deur die Duitse taktiese gebied te breek.Perrun 2003, bl. 139. Die grondaanval sou voorafgegaan word deur 'n lugaanval en daarvoor was dit nodig dat die RAF bomwerpers die Duitse verdediging moes oorweldig – op beide flanke van 'n gebied wat vier myl wyd gestrek het al langs die Caen-Falaise pad – gedurende die nag van 7 Augustus.Van der Vat, bl. 165 In die vroeë ure van 8 Augustus sou twee aanvalsmagte met tenks en gepantserde troepedraers opmars langs hierdie korridor. Wes van die pad was die Canadian 2nd Division, die 4th Canadian Infantry Brigade en 2nd Canadian Armoured Brigade.Van der Vat, bl. 165 Oos van die pad was die British 51st Division, die 154th (Highland) Brigade en die British 33rd Armoured Brigade. Hierdie twee kolomme sou die voorste verdedigingslinie verbysteek en teen dagbreek die belangrikste Duitse anti-tenkmagte verower rondom Cramesnil en Saint-Aignan de Cramesnil.Van der Vat, bl. 165
Die tweede fase sou onmiddellik volg. Die oorblywende vier infanteriebrigades van die 2nd Canadian en die 51st British sou die geïsoleerde voorste Duitse verdediging opruim terwyl die 3rd Canadian Division en die British 49th Division (van die British I Corps) met bykomende aanvalle sou begin. Die 4th Canadian Armoured Division en Polish 1st Armoured Division sou met die korridor langs beweeg na Cramesnil en voorberei om verder suid te beweeg. Ter voorbereiding vir hul aanval sou bomwerpers van die United States Eighth Air Force die Duitse reserwestellings bombardeer by Hautmesnil.Zuehlke, bl. 168 Die uiteindelike doelwit was die hoë grond noord van Falaise, 15 myl (24 km) anderkant die beginpunt.Zuehlke, bl. 168
Anglo-Kanadese aanval duimnael|Kaart van Operasie Totalize Gedurende die aand van 7 Augustus 1944 is die aanvalsmagte in ses kolomme opgestel – elk slegs 4 voertuie wyd – bestaande uit tenks, Kangaroo troepedraers, half-gerusperde voertuie; self-gedrewe anti-tenk kanonne en mynbestandetenks.Wilmot, p.412 Teen 23:00 het die swaar bomwerpers van die RAF Bomber Command begin met hul bombardering van Duitse stellings langs die hele Caen-front.Zuehlke, bl. 168 Teen 23:30 het die gepantserde kolomme hul opmars begin agter golwende spervuur.Zuehlke, bl. 168
Die vordering was aanvanklik stadig omdat talle bestuurders van die troepedraers gedisorieënteerd geraak het in die baie stof wat die voertuie veroorsaak het.Bercuson, bl. 228 Talle voertuie het vasgesit in bomkraters. Simonds het vele maniere gebruik om die kolomme te help om rigting te behou: sommige voertuie is toegerus met radiorigtingwysers; die artillerie het teikenmerkers afgevuur; Bofors 40 mm kanonne het opspoorders in sarsies afgevuur in die rigting van die opmars. Ten spyte van al hierdie maatreëls was daar steeds verwarring. Verskeie voertuie het gebots en ander is uit aksie gestel.Roy, bl. 166
Die aanval het egter beduidende gate in die Duitse verdediging geslaan.Zuehlke, bl. 168 Teen dagbreek het die aanvalskolomme van die British 51st Division hul beoogde posisies bereik. Die infanterie het binne 200 treë (180 m) van hul doelwitte van hul Kangaroo troepedraers afgeklim by die dorpe van Cramensnil en Saint-Aignan de Cramesnil en het vinnig die verdedigers oorrompel.Wilmot, p.412 Die kolomme van die Canadian 2nd Division is vertraag deur digte mis en onverwagse opposisie aan hul regterflank – maar teen die middag van 8 Augustus het die Geallieerdes die hele Verrières Rir oorgeneem.Roy, bl. 167 Die nuwe metodes wat Simonds gebruik het, het verseker dat die aanvallers veel minder verliese gelei het as wat andersins met 'n gewone aanval die gevolg sou wees.Wilmot, bl. 413