Willie Gillis, jr. (algemeen bekend as Willie Gillis) is 'n fiktiewe karakter wat deur Norman Rockwell geskep is vir 'n reeks Tweede Wêreldoorlog-skilderye wat op die voorblad verskyn het van elf uitgawes van The Saturday Evening Post tussen 1941 en 1946."NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" (Press release). Met die rang van weerman"�Willie Gillis’ makes a return visit to the USO". jdnews.com. was Gillis 'n Jan Alleman wie se loopbaan gevolg kon word - vanaf induksie tot ontslag – op die voorblad van die tydskrif Post sonder dat hy ooit in 'n veldslag"Cover Story -- Norman Rockwell's America". uitgebeeld is. Gillis en sy vriendin was gemodelleer deur twee van Rockwell se kennisse."Norman Rockwell Magazine Covers Complete List – Part Six: 1940 to 1980".Rockwell, Norman (1995) .

Alhoewel Gillis nie eksklusief op Post voorblaaie gebruik was nie, was die Willie Gillis voorbladreeks 'n keurmerk van Rockwell se werk gedurende die oorlog."NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" (Press release). In Rockwell se fleur en op die hoogtepunt van The Post se populariteit het dit 'n intekenaarskap van 4 miljoen gehad waarvan talle intekenaars geglo het dat Gillis 'n regte mens was.Larson, Christina (Oktober 2001). Rockwell se oorlogtyd kuns, wat insluit Willie Gillis, die Four Freedoms en Rosie the Riveter het bygedra tot die sukses van die verkoopspoging van oorlog effekte."Michener Art Museum Pairs Famed American Illustrators Rockwell and Hargens for Fall Exhibitions in New Hope" (Press release).

Sedert 1999 was die Gillis reeks  ingesluit by twee groot Rockwell toere. Van 1999–2002 het dit getoer as deel van 'n Rockwell Post voorbladkuns terugblik.Van Gelder, Lawrence (2000-06-12). Vanaf 2006–2010 toer dit as deel van 'n 1940's Tweede Wêreldoorlog Rockwell kunsuitsstalling."Arts Calendar"."Traveling Exhibitions".

Agtergrond Van 1916  tot en met sy Kennedy gedenkvoorblad op 16 Desember 1963,"Norman Rockwell Magazine Covers Complete List – Part Six: 1940 to 1980". het Rockwell 321 tydskrif voorblaaie  vir The Post illustreer,"Cover Story -- Norman Rockwell's America". wat een van die gewildste tydskrifte was gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu met 'n intekenaarskap van 4 miljoen.Larson, Christina (Oktober 2001)."Norman Rockwell: Pictures for the American People". Rockwell het die Amerikaanse lewenstyl gedurende die Eerste – en Tweede Wereldoorlog illustreer in 34 van sy voorblaaie "NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" (Press release). en het in totaal 33 Post voorblaaie tydens die Tweede Wereldoorlog geskep."Cover Story -- Norman Rockwell's America". Vir grootliks die eerste helfte van die 1940"s het Rockwell se voorblad illustrasies gefokus op die menslike kant van die oorlog."Norman Rockwell Magazine Covers Complete List – Part Six: 1940 to 1980". Rockwell het steun vir die Tweede Wêreldoorlog aangemoedig deur middel van sy voorblaaie wat oorlog effekte onderskryf het, vroue aangemoedig het om te werk, en mans aangemoedig het om vir weermagdiens aan te meld. Sy Tweede Wêreldoorlog illustrasies het temas soos patriotisme, verlange, 'n skuif in geslagsrolle, hereniging, liefde, arbeid, gemeenskap en familie in tyd van oorlog gebruik om die oorlog te ondersteun."NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" (Press release). In sy rol as tydskrif illustreerder, tref Rockwell vergelykings met Winslow Homer, 'n Amerikaanse Burgeroorlog illustreerder vir Harper's Weekly.Boucher, Justin M. "American Genre Painting in the Nineteenth Century: Teaching Artistic Interpretation as a Tool for Critically Viewing History". the Yale-New Haven Teachers Institute. Rockwell se kunstige uitdrukkings sou na bewering bygedra het tot die aanvaarding van die doelstelling van die Four Freedoms soos uiteengesit  in VSA President Franklin Roosevelt se Staatsrede in 1941.Cutler, Judy A. G. "Norman Rockwell: A Star on Our Flag" ."Saturday Evening Post" . Sy Four Freedoms skilderye het$132 miljoen ingesamel tydens 'n veldtog ten gunste van oorlog effekte."Michener Art Museum Pairs Famed American Illustrators Rockwell and Hargens for Fall Exhibitions in New Hope" (Press release).

Willie Gillis was 'n sproetgesig, gemiddelde Amerikaanse karakter wat gedien het as een van Rockwell se belangrikste voorbladmanne tydens die Tweede Wêreldoorlog.Mckeen, William (1992-02-02). Daar word na die Gillis karakter verwys as 'n gewone mens wat die  tipiese Amerikaanse Tweede Wêreldoorlog soldaat versinnebeeld het.Jenks, Homer (1992-05-03).Richard, Paul (1993-06-06).Rauschart, Lisa (2000-06-29).Marling, Karal Ann (2001-10-14).  Gillis is deur Rockwell geskep in 1940 tydens die eskalasie van die Europese oorlogsteater waarin Amerikaners by die strydkragte aangesluit het of opgeroep is onder die Selective Training and Service Act van 1940. Rockwell gee die krediet vir die Willie Gillis naam aan sy vrou,Guptill, Arthur L. (1946). wie dit uit 'n ou kinderboek, Wee Willie Winkie, verkry het."NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" (Press release). Rockwell het Gillis beskryf as "an inoffensive, ordinary little guy thrown into the chaos of war."Larson, Christina (Oktober 2001). Die publiek het identifiseer met Rockwell se uitbeelding van die "klein outjie" wat sy plig nagekom het in die tyd van oorlog.Larson, Christina (Oktober 2001). Gillis was waarlik erken as die tipiese G.I., en Rockwell se oorlogkuns bly steeds taamlik gewild: die ondertekende en oorspronklike  29 Mei 1943 uitbeelding van Rosie the Riveter het by 'n Sotheby veiling verkoop vir $4,959,500 op 22 Mei 2002."Rockwell's Rosie the Riveter Painting Auctioned" . Sommige van die Willie Gillis skilderye en die Rosie the Riveter  skildery was uitgeloot tydens die Amerikaanse Departement van Finansies se Tweede Oorlog leningsveldtog"Rockwell's Rosie the Riveter Painting Auctioned". vanaf 12 April – 1 Mei 1943."Brief History of World War Two Advertising Campaigns War Loans and Bonds". Die Gillis karakter deurstaan generasies later steeds letterkundige en kunssinnige vergelyking.Mckeen, William (1992-02-02).

Post Illustrasies

Reeks Oorsig In Willie Gillis: Food Package, Gillis' 1941, het hy 'n omgee-pakkie (care package) gedra. Tien daaropvolgende voorblaaie het Gillis uitgebeeld in verskeie rolle: in uniform by die kerk;die soldaat wat kombuisdiens verrig; die seun wat die familie tradisie van militêre diensplig voortsit;   'n stillewe van die Gillis familiefoto's; en twee ontstelde (jaloerse) meisies wat elk 'n foto vashou wat Gilles aan hulle gestuur het vanaf die oorlogsfront."NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" (Press release). Gillis het ontwikkel met die verloop van die reeks totdat hy byna onherkenbaar was in die finale bydrae.Gehman, Geoff (2007-11-22). Rockwell het 'n goeie einde vir die reeks voorsien deur Gillis op die GI Bill uit te beeld waar hy as student saam met 'n groep kollege studente ontspan."NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" (Press release).Ons weet dat dinge goed afgeloop het vir Gillis aangesien hy  op die finale voorblad in 1946 gewys word as 'n student aan Middlebury College wat op 'n versterbank sit en pyp rook met sy "penny loafers" aan. 

Vir sommige is die vierde stuk – Willie Gillis: Hometown News – die een wat Willie Gillis se plek in Amerikaanse geskiedenis verseker het omdat families met Gillis kon identifiseer.Cutler, Judy A. G. "Norman Rockwell: A Star on Our Flag". Die sesde stuk -  Willie Gillis in Church - was die vroegste van sy werk met betekenisvolle godsdienstige temas. Willie Gillis in College veroorsaak kritiese oorsig omdat die persepsie bestaan dat dit  transformasie van die karakter verteenwoordig.Clark, Daniel A. (1998). Dit behoort aan die Washington Mutual Bank van Seattle. In 2000 het hule dit geleen aan die Universiteit van Wisconsin–Madison."Japanese Lantern Fest Today". Dit is 'n studie in teenstelling met die trant en styl van die oorlog komponente van die reeks.Boucher, Justin M. "American Genre Painting in the Nineteenth Century: Teaching Artistic Interpretation as a Tool for Critically Viewing History". the Yale-New Haven Teachers Institute. Deurgaans het die voorbladreeks nooit vir Gillis uitgebeeld in die stryd of in enige vorm van gevaar nie – ook nie gewapen of met gewapende vyande nie. Rockwell het gevoel dat daardie soort uitbeeldings beter vertoon word deur die nuusrolprente en foto's.Keating, Douglas J. (1999-08-19).Matheson, Kathy (1999-07-02).

Rockwell het ten minste een voorstelling van Gillis gemaak wat nie op die voorblad was nie. Die skildery Willie Gillis in Convoy is geskep in 1943, en wys Gillis in gevegsuniform agterin 'n militêre voertuig met sy wapen byderhand. Rockwell het die skildery geskenk aan die Hoërskool Gardner se finalejaarsklas – waar dit in die hoof se kantoor gehang het tot 2000. Die skool het dit daarna geleen aan die Gardner Museum. 'n Houtskoolskets van die skildery is verkoop vir $107,000 in 1999.Hill, Mary Jo (2000-06-16).  Daar het kommer bestaan dat die skildery nie op 'n veilige plek gehang het nie. Die skildery is in 2005 gerestoureer en teruggehang by die Hoërskool.Barnes, George (2005-05-19).

Modelle Robert Otis "Bob" Buck was Rockwell se model vir Gillis en het lateraan aangemeld vir diens in die Amerikaanse Vloot."Norman Rockwell Magazine Covers Complete List – Part Six: 1940 to 1980". Buck het in Arlington by 'n saagmeule gewerk.Murray and McCabe, p. 11. Toe die 15-jarige Buck vir Rockwell ontmoet om vir die eerste keer te poseer, was Buck maar net 5 voet4 duim(1.63 m) lank.Barry, Stephanie (2002-09-29). Buck het op daardie tydstip 'n haarlok gehad wat oor sy voorkop geval het.Barry, Stephanie (2002-09-29). Rockwell was opsoek na 'n model toe hy Buck by 'n "square dance" in Arlington, Vermont ontmoet het. Rockwell het Buck van alle kante bekyk gedurende die dans en Buck het vir Rockwell gwaarsku dat indien hy nie ophou om te staar nie, Buck hom sou platslaan.Guptill, Arthur L. (1946).

Buck was vrygestel van diensplig maar hy wou sy patriotiese plig nakom en het as vloot vlieënier aangemeld  in .Meyer, Susan E. (1991). Buck het in die Suidsee diens gedoen tydens die oorlog.Guptill, Arthur L. (1946). Nadat Buck aangesluit het, het Rockwell op geheue en van foto's gewerk om sy illustrasies te voltooi.  Soms het hy Gillis net in die agtergrond ingewerk deur middel van 'n foto teen die muur."Norman Rockwell Magazine Covers Complete List – Part Six: 1940 to 1980". Rockwell wou die reeks beëindig maar die Post se redaksie het beswaar gemaak omdat die karakter te gewild was. Die publiek het dit geniet om Gillis se sake fyn dop te hou.O'Connor, Keith J. (2004-12-23). Gillis was so gewild op 'n stadium dat die Post honderde navrae gekry het rakende die beproewings van die karakter wat talle mense as 'n regte mens beskou het. Veral families genaamd Gillis was baie begaan oor die welsyn van die weerman.Larson, Christina (Oktober 2001).

Alhoewel Buck weggegaan het, was die model wat Gillis se meisie uitgebeeld het, steeds beskikbaar. Sy was  mede-illustreerder, Mead Schaeffer, se dogter. Rockwell skilder haar waar sy getrou lê en slaap om middernag op Oujaarsaand met foto's van Willie Gillis bokant haar bed in Willie Gillis: New Year's Eve. Die daaropvolgende voorblad van 11 duim (280 mm) × 14 duim (360 mm)  Willie Gillis: Generations, beeld die Gillis militêre familie uit in foto's bokant 'n boekrak vol van Gillis oorlog boeke. Hierdie voorblad het aanleiding gegee tot honderde briewe van Gillis'e wat die denkbeeldige boeke wou koop.Guptill, Arthur L. (1946). Mead se dogters Lee en Patty Schaeffer het kompeterende emosies teenoor Gillis vertoon in een Post voorblad.Murray and McCabe, p. 16.

Moderne verwysings