duimnael|links|Kaart van Brits-Indië, die Brits-Indiese Ryk duimnael|regs|Beweging van vlugtelinge tydens die verdeling van Indië

Die Verdeling van Indië (ook Partisie van Indië genoem) van 1947 het Brits-Indië in twee lande, Indië en Pakistan, verdeel. Hierdie verdeling het die einde van die Britse heerskappy op die Indiese subkontinent beteken. Die verdeling is gedeeltelik deur die Tweenasieteorie veroorsaak. Dié teorie is deur Syed Ahmed Khan, as gevolg van godsdienstige kwessies, aangebied. Pakistan het 'n Islamitiese republiek geword, terwyl Indië 'n sekulêre republiek met 'n hoofsaaklik Hindoe-bevolking geword het. Een van die belangrikste leiers van die verdeling was Muhammad Ali Jinnah, wat die eerste goewerneur-generaal van Pakistan geword het.

Die verdeling was 'n bloedige gebeurtenis en dit het die grootste migrasie in die geskiedenis History's greatest migration, The Guardian, 25 September 1947. URL besoek op 25 Februarie 2016. sowel as die dood van talle mense veroorsaak. Dit het ook verskeie oorloë tussen Indië en Pakistan veroorsaak.

Tydlyn duimnael|regs|Vlugtelinge op 'n treindak tydens die partisie Jaar Gebeurtenis 1947 Verdeling 1948 Hyderabad deur Indië geannekseer 1950 Barisal-onluste 1956 Pakistan word 'n Islamitiese republiek 1964 Onluste oor die Hazratbal-insident 1971 Bangladesj bevrydingsoorlog

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Pakistan