duimnael|links|250px|Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop.
duimnael|regs|170px|Ds. P.C. Snyman, leraar van 1956 tot 1957, toe hy 'n finalejaarstudent aan die Teologiese Skool Potchefstroom was in 1955.
duimnael|regs|170px|Ds. Jan de Bruin, leraar van 1935 tot 1943 (in kombinasie met Vryburg).
Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop is die kleinste van die 30 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes en een van die kleinste in die hele Kerk. Einde 2016 was hier 11 belydende en drie dooplidmate, dieselfde getal belydende lidmate as in 2009, maar vier minder dooplidmate. In 1960 was die syfers onderskeidelik 60 en 50.
Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop is in 1931 gestig en die bekende Gemsbokvlakte asook die dorpie Piet Plessis, halfpad tussen Stella en Tosca, val binne die gemeentegrense. Agttien jaar later kon die gemeente sy kerkgebou, wat vandag nog gebruik word, in gebruik neem en wel op 2 Julie 1949. L.A. Nortjé was voorsitter van die boukommissie. Tydens die ingebruikneming van die kerk het 15 sprekers opgetree buite die verwelkoming, oorhandiging van die sleutels en ’n erediens. Ds. J.L. de Bruin het die ingebruiknemingseremonie gehou.
Op dieselfde Saterdag (2 Julie) is die voorbereidingsdiens om seweuur die aand gehou en die eerste Nagmaal in die nuwe die volgende môre.
Hoewel die wegtrek van lidmate uit die omgewing Goeie Hoop se sieletal tot net 14 laat afneem het en hier einde 2015 net twee ouderlinge maar geen diakens was nie, bestaan die gemeente tans (2016) nog voort. Die Hervormde gemeente Goede Hoop is op 29 November 1913 gestig en het einde 2014 36 belydende en 13 dooplidmate gehad, terwyl die NG gemeente Piet Plessis eers in 1956 tot stand gekom het. Dié gemeente het einde 2014 118 belydende en 27 doopldimate gehad.
Predikante De Bruin, Johannes Lodewicus, 1935–1943 (in kombinasie met Vryburg) Snyman, Philippus Christoffel, 1956–1957 De Beer, Dewald Lambertus, 1976–1980 (in kombinasie met Mafeking) Venter, Tjaard Machiel, 1980–1982 (in kombinasie met Mafeking) Olivier, Hendrik Willem, 1983–2001 (in kombinasie met Mafikeng) (verlaat die bediening)
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika