Shreya Ghoshal is 'n Indiese sangeres. Sy het vier Nasionale Film-pryse, vyf Filmfare-pryse en agt Filmfare (Suid-Indië)-pryse ontvang. Sy het liedjies vir filmmusiek in verskeie Indiese tale opgeneem, en so haar identiteit as 'n leidende sangeres van die Indiese filmbedryf gevestig.

Haar talent is eers deur die filmvervaardiger Sanjay Leela Bhansali opgemerk toe Ghoshal in die TV-werklikheidsreeks en -sangkompetisie Sa Re Ga Ma Pa deelgeneem het.

Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Ohio het 26 Junie as Shreya Ghoshal-dag verklaar.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Indiese musici Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense