Nathuram Godse (Marathi: नथुराम विनायक गोडसे; 19 Mei 1910 – 15 November 1949) is die man wat Mahatma Gandhi doodgemaak het. Hy het glad nie met Gandhi se Ahimsa (nie-gewelddadige)-metode saamgestem nie. Hy het geglo dat die Indiese volk geweld moet gebruik om onafhanklikheid van Brittanje te verkry. Hy was 'n Hindoe-nasionalis van Poena, Maharashtra wat geglo het dat Gandhi besig was om Indië te "Islamiseer" – terwyl die Indiese Moslems hulle eie land by Pakistan gekry het. Godse was 'n lid van die Rashtriya Swayamsevak Sangh en het in die ideaal van 'n onafhanklike Hindoe-Indiese land geglo. Die Bharatiya Janata Party-regering is nog besig om pogings voort te sit om Godse as 'n nasionale held uit te beeld.
Kategorie:Indiërs Kategorie:Sluipmoordenaars Kategorie:Tereggestelde mense Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 1949