duimnael|links|300px|Die eerste Gereformeerde kerk op Welkom nadat 'n brand dit in November 1957 in puin gelê het.
duimnael|links|230px|Die Gereformeerde kerk Welkom se huidige kerkgebou.
duimnael|regs|240px|Dr. en mev. J.J. van der Walt, van 1952 tot 1957 die gemeente se eerste leraarspaar.
duimnael|regs|160px|Ds. Hendrik du Plessis, leraar van 1958 tot 1966.
duimnael|regs|160px|Dr. P.J. Pelser, die leraar van 1967 tot 1976.
Die Gereformeerde kerk Welkom was die negende oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat en een van twee Afrikaanse gemeentes van dié kerkverband in die stad Welkom, maar in 2018 het Welkom en Welkom-Noord saamgesmelt en gebruik die nuwe gemeente Welkom-Noord se kerkgebou, die ou Welkom-kerk. Einde 2015 het die gemeente 126 belydende en 26 dooplidmate gehad vergeleke met 276 en 101 in 2001. Die gemeentegrense sluit woonbuurt soos Bedelia, Doorn, Jan Cellierspark, Lakeview, Naudeville, Sandania en St. Helena in terwyl die res van Welkom val onder die gemeente Welkom-Noord, wat in 1969 van Welkom afgestig het.
Die myndorp Welkom is in 1946 op die Vrystaatse Goudvelde geproklameer. Enkele wyke van die Gereformeerde kerk Odendaalsrus het op 8 Oktober 1950 as die Gereformeerde kerk Welkom afgestig. Vier jaar later, op 22 Mei 1954, is ’n eie kerkgebou in gebruik geneem. Die argitek was Pieter Dykstra. Maar drie jaar later, in die vroeë oggendure van 13 November 1957, het ’n brand dié kerk in puin gelê.
Eers drie jaar later, op 3 September 1960, kon die gemeente ’n nuwe kerk in gebruik neem, maar nadat die gemeente te groot geword en die Gereformeerde kerk Welkom-Noord in 1969 afgestig het, is die kerkgebou aan die dogtergemeente afgestaan. So moes die gemeente Welkom die derde maal ’n kerk oprig wat op 14 April 1973 in gebruik geneem is.
Predikante Van der Walt, dr. Jan Jacobus, 1952 – 1957 Du Plessis, Hendrik Lourens Marthinus, 1958 – 1966 Gerber, dr. Jacobus Marthinus, 1967 – 1972 Pelser, dr. Petrus Jacobus, 1967 – 1976 Van Schalkwyk, Pieter, 1977 – 1981 Denkema, dr. Hendrik, 1981 – 1985 Vogel, Willem, 1985 – 2004 De Kock, Jacobus Johannes, 2005 – 2007 Kruger, Abraham Pretorius, 2007 – hede
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook NG gemeente Welkom
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat