John Lewis & Partners is 'n afdelingswinkelketting wat winkels dwarsoor Groot-Brittanje bedryf. Die onderneming, wat na sy stigter genoem is, is in besit van John Lewis Partnership - 'n maatskappy wat saam met die eerste winkel teen die middel van die 19de eeu gestig is.

Die eerste John Lewis-winkel het sy deure in 1864 in Londen se tradisionele winkelstraat Oxford Street geopen. Die ketting se slagspreuk - Never Knowingly Undersold - word reeds sedert 1925 gebruik.

Tans bedryf die onderneming 45 winkels in Engeland, Skotland en Wallis, waaronder elf sogenaamde At Home-winkels (wat hulle tot bepaalde afdelings beperk) en 'n "buigbare-formaat-winkel" in Exeter. Die John Lewis-afdelingswinkel in Birmingham is die grootste wat buite Londen bedryf word. Planne om die onderneming se bedrywighede na Sprucefield in Lisburn, Noord-Ierland uit te brei is tans nog nie verwesenlik nie.

Verwysings

Kategorie:Britse maatskappye