Die Heavily Indebted Poor Countries ("Hoogsverskuldige arm lande") is 'n program wat daarna streef om die skuld van die wêreld se armste ontwikkelende lande na 'n aanvaarbare vlak terug te bring, op voorwaarde dat die regerings van die lande na behore funksioneer.

Die HIPC-inisiatief word moontlik gemaak deur die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, wat die program saam in 1996 opgestel het; in 1999 is dit geëvalueer en hervorm. Die einddoel van die IMF en die Wêreldbank is die bekamping van armoede.

In Junie 2005 het die ministers van finansies van die G8-lidlande ooreen gekom om $40 miljard in skuldverligting vir 18 HIPC's te bewillig voor die G8-samesprekings in Julie 2005.

Tans kom 38 lande in aanmerking vir steun, waarvan 32 suid van die Sahara lê. 27 lande het tot dusver 54 miljard dollar aan hulp ontvang:

Benin Bolivia Burkina Faso Demokratiese Republiek van die Kongo Ethiopië Gambië Ghana Guinee Guinee-Bissau Guyana Honduras Kameroen Madagaskar Malawi Mali Mauritanië Mosambiek Nicaragua Niger Rwanda São Tomé en Principe Senegal Sierra Leone Tanzanië Tsjad Uganda Zambië

Eksterne skakels Amptelike HIPC Webwerf HIPC Debt Relief: Myths and Reality (Jan Joost Teunissen en Age Akkerman (eds.), Fondad, 2004, boek, pdf)

Kategorie:Ekonomie Kategorie:Ontwikkelingshulp