Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Spanjaarde.
Spaans (español, [espaˈɲol], ) of Kastiliaans (castellano, [kasteˈʎano] ), van 'Kastilië', is 'n Romaanse taal en die derde grootste taal van die wêreld naas Engels en Chinees. Spaans word deur meer as 500 miljoen mense gepraat. Die meeste daarvan woon in Latyns-Amerika.
duimnael|links|Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes-Europa tussen 1000 en 2000 Die Spaanse standaardtaal ontstaan in die 13de eeu uit die streektaal van Kastilië (die gebied rondom Toledo en Madrid).
Uitspraak van Spaans Die uitspraak en spelling van Spaans is, in vergelyking met dié van baie ander tale, redelik eenvoudig. Die spelling is grotendeels foneties: daar is vir die grootste deel een eenduidige verhouding tussen geskrewe letters en die uitspraak van klanke.
Reëls en voorbeelde: SpaansUitspraakvoorbeeldcvoor e of i: soos die Engelse th in Europese Spaans (maar soos s in Latyns-Amerika)oorblywende gevalle: kcerveza (bier)casa (huis)chsoos die "tj" klank in Afrikaans in tjopshecho (gemaak, gedaan)dstom aan die einde van 'n woordciudad (stad)g soos die gh in ghoen of die g in berge voor i of e as sagte gganar (wen)gente (mense), Girona (Gerona)guvoor e of i soos gh in ghoen of die g in bergeguerra (oorlog)gügw (g soos in garçon, w soos in die Engelse "watch")desagüe (afwatering)hword nie uitgespreek niehotel, prohibido (verbode),huw (soos in Washington)huevo (eier),iieiejeilimitado (onbegrens)fiebre (koorts),jsagte gtrabajo (werk)ll (LL)lj (zj in Argentinië, j in Colombia, Meksiko)calle (straat)ñnjmañana (môre)uoeuno (1)xin Meksiko: sagte g, of sj (soos in Sjinees)Méxicovb (in die middel van 'n woord sag, amper soos w)venado (hert)zsoos die Engelse th (s in Latyns-Amerika)zapatero (skoenmaker)
Die klemtoon lê op die laaste lettergreep, maar op die een na laaste as die woord op 'n klinker, -n of -s eindig. As hiervan word afgewyk word staan daar 'n aksent op die beklemtoonde klinker (bv. fármaco (geneesmiddel), Córdoba).
Wie die basisreëls van die Spaanse spelling en uitspraak leer, kan daarom na 'n bietjie oefening enige teks sonder probleme lees. Daar is egter wel verskillende Spaanse dialekte en streektale. Die uitspraak in die omgewing van die Spaanse hoofstad Madrid klink anders as dié in Andalusië, en die Spaans wat in Spanje gepraat word, klink ook anders as hoe dit in Suid- en Sentraal-Amerika gepraat word. Ook binne die Latyns-Amerikaanse lande is daar verskillende streeksvariante.
Katalaans is 'n selfstandige taal, maar verwant aan Spaans.
Geografiese verspreiding duimnael|400px| duimnael|400px|Verspreiding van Spaanse dialekte duimnael|Gebruik van die terme español of castellano volgens Spaanstalige lande Lande met 'n merkwaardige aantal Spaanse sprekers Alfabetiese volgorde Aantal moedertaalsprekers Amerikaanse Maagde-eilande (3 980) Andorra (40 000) Argentinië (41 248 000) Aruba (105 000) Australië (150 000) Belize (130 000) Bolivië (7 010 000) Bonaire (5 700) Brasilië (19 700 000) Chili (18 000 000) China (250 000) Colombia (47 000 000) Costa Rica (4 220 000) Curaçao (112 450) Dominikaanse Republiek (8 850 000) Duitsland (410 000) Ecuador (10 946 000) Ekwatoriaal-Guinee (447 000) El Salvador (6 859 000) Filippyne (2 900 000) Finland (17 200) Frankryk (2 100 000) Frans-Guyana (13 000) Guatemala (8 163 000) Guyana (198 000) Haïti (1 650 000) Honduras (7 267 000) Israel (160 000) Italië (455 000) Japan (500 000) Kanada (272 000) Koeweit (1 700) Kuba (11 285 000) Libanon (2 300) Marokko (960 706) Meksiko (125 000 000) Nederland (17 600) Nicaragua (5 503 000) Nieu-Seeland (26 100) Oostenryk (1 970) Panama (3 108 000) Paraguay (4 737 000) Peru (26 152 265) Portugal (1 750 000) Puerto Rico (4 017 000) Roemenië (7 000) Rusland (1 200 000) Spanje (44 400 000) Suid-Korea (90 000) Swede (39 700) Switserland (172 000) Trinidad en Tobago (32 200) Turkye (29 500) Uruguay (3 442 000) Verenigde Koninkryk (900 000) Verenigde State (41 000 000) Venezuela (26 021 000) Wes-Sahara (341 000) Meksiko (125 000 000) Colombia (45 600 000) Spanje (44 400 000) Argentinië (41 248 000) Verenigde State (41 000 000) Peru (26 152 265) Venezuela (26 021 000) Brasilië (19 700 000) Chili (18 000 000) Kuba (11 285 000) Ecuador (10 946 000) Dominikaanse Republiek (8 850 000) Guatemala (8 163 000) Honduras (7 267 000) Bolivië (7 010 000) El Salvador (6 859 000) Nicaragua (5 503 000) Paraguay (4 737 000) Costa Rica (4 220 000) Puerto Rico (4 017 000) Uruguay (3 442 000) Panama (3 108 000) Filippyne (2 900 000) Frankryk (2 100 000) Portugal (1 750 000) Haïti (1 650 000) Rusland (1 200 000) Marokko (960 706) Verenigde Koninkryk (900 000) Japan (500 000) Italië (455 000) Ekwatoriaal-Guinee (447 000) Duitsland (410 000) Wes-Sahara (341 000) Kanada (272 000) China (250 000) Guyana (198 000) Switserland (172 000) Israel (160 000) Australië (150 000) Belize (130 000) Curaçao (112 450) Aruba (105 000) Suid-Korea (90 000) Andorra (40 000) Swede (39 700) Trinidad en Tobago (32 200) Turkye (29 500) Nieu-Seeland (26 100) Nederland (17 600) Finland (17 200) Frans-Guyana (13 000) Roemenië (7 000) Bonaire (5 700) Amerikaanse Maagde-eilande (3 980) Libanon (2 300) Oostenryk (1 970) Koeweit (1 700)
'n Vergelyking tussen Spaans en ander Romaanse tale Latyn Spaans Portugees Katalaans Italiaans Frans Betekenis en aantekeninge nos nosotros nós nosaltres noi nous (nous autres in Kanadese Frans) ons ("ander" mense) germānum, frater hermano irmão germà fratello frère broer dies Martis (Klassieke Latyn) martes terça-feira (Kerklatyn tertia feria) dimarts martedi mardi Dinsdag cantiōnem canción canção cançó canzone chanson lied magis or plus más (selde: plus) mais (in die argaïese taal ook chus) més più plus meer (Romaans mai) manūm sinistram mano izquierda mão esquerda (verouderd ook sẽestra) mà esquerra mano sinistra main gauche linkerhand (Baskies: esku ezkerra) nullam rem natam (letterlik "geen gebore ding nie") nada nada (verouderd ook rem) res niente rien niks
Verwysings
Eksterne skakels
Real Academia Española