duimnael|Ysland is die grootste vulkaaneiland en die noordelikste eilandstaat ter wêreld.

'n Eiland is enige stuk land, kleiner as 'n kontinent, maar groter as 'n rots wat heeltemal deur water omring word. Alhoewel meeste eilande natuurlike eilande is, kry mens ook mensgemaakte eilande. Die grootste eiland ter wêreld is Groenland.

Sommige eilande het hulle eie lande. Voorbeelde hiervan is Kuba, Ysland en Madagaskar. Ander eilande het meer as een land daarop, soos Borneo en Hispaniola. Daar is ook verskeie onbewoonde en onherbergsame eilande.

Agtergrond 'n Eiland kan gesien word as 'n grondgebied wat aan alle kante deur water omring is, maar kleiner as 'n kontinent en groter as 'n rots of 'n sandbank.

In teenstelling met 'n vasteland is die invloed van die see steeds merkbaar in die middel van 'n eiland. Dit word algemeen aanvaar dat Groenland (met 'n oppervlakte van 2 166 086 km²) die grootste eiland ter wêreld is. Australië word as 'n kontinent gesien. As Australië as 'n eiland gesien word, sou dit die grootste eiland ter wêreld wees met 'n oppervlakte van 7 686 850 km².

Eilande kan vorm uit vulkaniese aktiwiteit, sedimentasie en biologiese aktiwiteite, soos koraalgroei.

In dinamiese omgewings soos die Waddesee ontstaan eilande gereeld (as gevolg van sedimentasie) en verdwyn (as gevolg van erosie).

'n Eiland kan so genoem word as minstens 160 hektaar grond droog bly teen 'n gemiddelde watervlak in die Noordsee. Sedert 2003 is die voormalige sandbanke Kachelotplate (Duits) en Noorderhaaks (Nederlands, ook genoem Razende Bol) albei 'n Waddeneiland.

Tipes eilande Gebaseer op hul relatiewe ligging ten opsigte van kontinente word eilande in kontinentale en oseaniese eilande verdeel.

'n Gety-eiland is 'n eiland wat met laagwater oor land toeganklik is en met hoogwater deur water omring word, soos St Michael's Mount in Engeland en Mont-Saint-Michel in Normandië (Frankryk).

Klein rotsagtige eilande word skerries genoem.

'n Hoë of vulkaniese eiland is 'n eiland van vulkaniese oorsprong. Die term word gebruik om hierdie tipe eiland te onderskei van lae eilande, wat deur sedimentasie of deur die opheffing van koraalriwwe geskep is.

'n Skiereiland is nie 'n eiland nie, maar 'n grondgebied wat deur 'n landtang aan die vasteland verbind is, vandaar die naam: "amper eiland".

Etimologie Die woord eiland en verwante woorde in die Wes-Germaanse tale het ontstaan as 'n samestelling van afleidings van die Proto-Germaanse morfeem *agwjō- en die morfeem land. Die morfeem *agwjō- het hier die betekenis van grond wat aan water behoort.

Biologie Eilande is die omgewing vir uitsonderlike biologiese verskynsels. Byvoorbeeld kan, as gevolg van die relatiewe isolasie van 'n eiland, 'n spesifieke vorm van evolusie ontstaan. In argiepele word 'n spesie soms op een eiland aangetref wat nou verwant is aan, maar verskil van 'n spesie op 'n nabygeleë eiland. Daar is voorbeelde van relatief groot of, omgekeerd, klein spesies van 'n spesifieke genus, wat slegs op eilande voorkom, soos vasgestel is vir dwergolifante en reusagtige rotte en muise.

Verskillende patrone van vorming en uitsterwing van spesies kom op eilande voor as gevolg van hul relatief klein grootte en afgeleëntheid van ander eilande of die vasteland. Die verwantskap tussen beide afstande en groottes van eilande en die uitsterwing van spesies is beskryf in die sogenaamde eilandteorie.

Eilande volgens kontinent Eilande rondom Afrika Comore-eilande Kaap Verde Kanariese Eilande (Spanje) Lampedusa (Italië) Madagaskar – 587 041 km² Mauritius Pemba Sint Thomas Seychelle Sint Helena Zanzibar

Eilande rondom Noord- en Suid-Amerika Groenland (Denemarke) – 2 175 000 km² Baffin-eiland (Kanada) – 507 451 km² Victoria-eiland (Kanada) – 217 290 km² Ellesmere-eiland (Kanada) – 196 236 km² Kuba – 110 922 km² Newfoundland (Kanada) – 108 860 km² Vancouver-eiland (Kanada) – 32 134 km² Falkland-eilande (Verenigde Koninkryk) Galápagos-eilande (Ecuador) Hispaniola (Haïti/Dominikaanse Republiek) Jamaika Trinidad en Tobago Aruba (land van die Koninkryk van die Nederlande) Curaçao (land van die Koninkryk van die Nederlande) Sint Maarten (deel van Frankryk, land van die Koninkryk van die Nederlande) Bonaire (Nederland) Sint Eustatius (Nederland) Saba (Nederland) Guadeloupe (Frankryk) Bermuda (Verenigde Koninkryk) Puerto Rico (Verenigde State) Hawaii (Verenigde State) Devil's Island (Frankryk)

Eilande rondom Asië Nieu-Guinee (Indonesiese deel) – 789 900 km² Bohol (Filippyne) Borneo (Indonesiese deel) – 751 000 km² Soematra (Indonesië) – 422 200 km² Honsjoe (Japan) – 230 092 km² Soelawesi (Indonesië) – 178 700 km² Java (Indonesië) – 126 400 km² Luzon (Filippyne) – 104 400 km² Tenedos (Turkye) Gokceada (Turkye) Marmara (Turkye) Giresun-eiland (Turkye) Paspargos-eilande (Turkye) Prinseilande (Turkye) Mindoro (Filippyne) Mindanao (Filippyne) Rhodos (Griekeland) Kos (Griekeland) Samos (Griekeland) Lesbos (Griekeland) Siprus – 9 252 km² Cebu (Filippyne) – 5 088 km² Hokkaido (Japan)

Eilande rondom Europa Groot-Brittanje (Verenigde Koninkryk) – 229 849 km² Ysland – 103 000 km² Ierland (Republiek Ierland, Noord-Ierland in die Verenigde Koninkryk) – 84 421 km² Sisilië (Italië) Sardinië (Italië) Torcello (Italië) Korsika (Frankryk) Malta Elba (Italië) Majorka (Baleariese Eilande, Spanje) Minorka (Baleariese Eilande, Spanje) Ibiza (Baleariese Eilande, Spanje) Gökçeada (Imbros, Turkye) Kanaaleilande: Jersey, Guernsey, Sark (Britse Kroongebiede) en Chausey-eilande (Frankryk) Öland (Swede) (Oossee) Nowaja Zemlja (Rusland) (Arktiese Oseaan) Waddesee-eilande (op die grens tussen Noord- en Waddensee, slegs bewoonde eilande hier ingesluit): Nederland: Texel, Vlieland, Terschelling, Ameland, Schiermonnikoog Duitsland: Borkum, Juist, Norderney, Baltrum, Langeoog, Spiekeroog, Wangerooge, Neuwerk, Pellworm, Nordstrand, Halligen, Amrum, Föhr, Sylt Denemarke: Rømø, Mandø, Fanø

Eilande rondom Australië en Nieu-Seeland en in Oseanië Nieu-Guinee (Oseaniese deel) – 789 900 km² Suideiland (Nieu-Seeland) – 150 460 km² Noordeiland (Nieu-Seeland) – 114 687 km² Tasmanië (Australië) Frasereiland (Australië) Fidji Cookeilande Pitcairneilande (Verenigde Koninkryk) Paaseiland (Australië)

duimnael|senter|500px|'n Fidjiaanse eiland.

Sien ook Lys van eilande van die wêreld Argipel, 'n eilandgroep. Atol, ringvormige eiland of reeks eilande van koraal.

Verdere leesstof

Eksterne skakels