duimnael|regs|300px|Geanimeerde, kleurgekodeerde kaart wat vier tot sewe kontinente toon – afhangende van die konvensie en die model kan sommige kontinente saamgevoeg of verder onderverdeel word. 'n Kontinent of vasteland is enige van 'n aantal groot geografiese streke op land. Die woord verwys gewoonlik na 'n groot aaneenlopende landmassa wat 'n relatiewe selfstandige geheel vorm en natuurlike grense het. Volgens die sewe-kontinent-model, wat in die Engelssprekende wêreld die algemeenste is, het die planeet aarde die volgende kontinente (gelys volgens grootte):
Asië (ongeveer 44 614 000 km²) Afrika (ongeveer 30 365 000 km²) Noord-Amerika (ongeveer 24 230 000 km²) Suid-Amerika (ongeveer 17 814 000 km²) Antarktika (ongeveer 14 200 000 km²) Europa (ongeveer 10 000 000 km²) Australië (ongeveer 7 618 000 km²), of die ruimer streek Oseanië (ongeveer 8 511 000 km²)
Kontinente word oor die algemeen deur konvensie eerder as volgens streng maatstawwe onderskei. 'n Kontinent kan 'n enkele groot landmassa wees, 'n landmassa saam met die eilande op of buite sy kontinentale plat, of 'n deel van 'n groter landmassa – soos in die geval van Asië en Europa binne Eurasië. Weens dié wisselende definisies wissel die aantal kontinente van sewe tot so min as vier. Die meeste Engelssprekende lande erken sewe kontinente.
Eilande in die oop see word soms by 'n naburige kontinent gegroepeer om al die land van die wêreld in geografiese streke te verdeel. Volgens dié skema word die meeste eilandlande en -gebiede van die Stille Oseaan saam met die kontinent Australië as die geografiese streek Oseanië gegroepeer.
In die geologie word 'n kontinent gedefinieer as "een van die aarde se hoof-landmassas, wat sowel droë land as die kontinentale platte insluit". Die geologiese kontinente stem ooreen met sewe groot gebiede kontinentale kors op die tektoniese plate, maar sluit klein kontinentale fragmente soos Madagaskar uit, wat gewoonlik mikrokontinente genoem word. Kontinentale kors is sover bekend slegs op die aarde te vind.
Die gedagte van kontinentale drywing het in die 20ste eeu erkenning gekry. Dit hou in dat die huidige kontinente ontstaan het uit die verbrokkeling van 'n superkontinent, Pangea, wat honderde miljoene jare gelede gevorm het.
Etimologie Die Engelse woord continent – en daarmee saam die Afrikaanse kontinent – is sedert die 16de eeu afgelei van continent land, 'n vertaling van die Latynse terra continens, wat "aanhoudende" of "verbonde land" beteken. Die woord is aanvanklik gebruik vir 'n aaneenlopende stuk land of 'n vasteland en nie net vir baie groot landmassas nie: in die 17de eeu is daar na die "kontinente" (vastelande) van die Eiland Man, Ierland en Wallis verwys en in 1745 na Sumatra.
Terwyl die woord aan die een kant vir betreklik klein stukke aaneenlopende land gebruik is, het geograwe aan die ander kant weer die vraag van Herodotos opgehaal: waarom moet 'n enkele groot landmassa in afsonderlike kontinente verdeel word? In die middel van die 17de eeu het Peter Heylin in sy Cosmographie geskryf dat "'n kontinent 'n groot hoeveelheid land is wat nie deur enige see van die res van die wêreld geskei is nie, soos die hele kontinent van Europa, Asië, Afrika". Ephraim Chambers het in 1727 in sy Cyclopædia geskryf: "Die wêreld word gewoonlik in twee groot kontinente verdeel: die Ou en die Nuwe." In sy atlas van 1752 het Emanuel Bowen 'n kontinent gedefinieer as "'n groot ruimte droë land wat baie lande omvat wat alles saam verbind is, sonder enige skeiding deur water". Die ou gedagte van Europa, Asië en Afrika as afsonderlike "dele" van die wêreld het egter uiteindelik behoue gebly, en dié dele word steeds as afsonderlike kontinente beskou.
Definisie en toepassing duimnael|Kaart van eilandlande: dié state word geografies dikwels by 'n naburige kontinentale landmassa gegroepeer. Volgens konvensie word kontinente verstaan as "groot, aaneenlopende, afsonderlike massas land wat ideaal gesproke deur watervlaktes geskei word". Volgens dié definisie moet elke kontinent op een of ander manier 'n eiland wees. In moderne skemas met vyf of meer kontinente is minstens een paar kontinente egter op een of ander wyse deur land verbind. Die maatstaf "groot" lei tot 'n arbitrêre indeling: Groenland, met 'n oppervlak van 2 166 086 km², word slegs as die grootste eiland ter wêreld beskou, terwyl Australië, met 7 617 930 km², as die kleinste kontinent geld.
Die geologiese definisie van 'n kontinent het vier maatstawwe: 'n hoë ligging bo die seebodem; 'n wye verskeidenheid magmatiese, metamorfe en afsettingsgesteentes wat ryk aan silika is; 'n kors wat dikker is as die omringende oseaniese kors; en goed omskrewe grense om 'n gebied wat groot genoeg is.
Omvang Die mees beperkte betekenis van kontinent is dié van 'n aaneenlopende stuk land of vasteland, waar die kuslyn en enige landgrense die rand van die kontinent vorm. In dié sin word "kontinentale Europa" (in Brittanje soms bloot "die Kontinent" genoem) gebruik om na die vasteland van Europa te verwys, met uitsluiting van eilande soos Groot-Brittanje, Ysland, Ierland en Malta, terwyl "die kontinent Australië" na die vasteland van Australië kan verwys en Nieu-Guinee, Tasmanië en ander nabygeleë eilande uitsluit.
Uit die oogpunt van die geologie of die fisiese geografie kan kontinent verder as die aaneenlopende droë land strek en die vlak, onderwaterse randgebied (die kontinentale plat) en die eilande daarop insluit, aangesien dié strukturele deel van die kontinent uitmaak. Uit dié oogpunt is die rand van die kontinentale plat die werklike rand van die kontinent, aangesien kuslyne met veranderinge in die seevlak wissel. In dié sin is Groot-Brittanje en Ierland deel van Europa, terwyl Australië en Nieu-Guinee saam een kontinent vorm. Tot sy uiterste geneem, sou dié beskouing kon steun dat daar slegs drie kontinente is: Antarktika, Australië-Nieu-Guinee, en 'n enkele megakontinent wat Afrika-Eurasië en Amerika deur die aaneenlopende kontinentale plat in en om die Beringsee verbind.
As 'n kulturele konstruksie kan die begrip kontinent verder as die kontinentale plat strek en ook oseaniese eilande en kontinentale fragmente insluit. Só word Ysland as deel van Europa en Madagaskar as deel van Afrika beskou. Wanneer die gedagte tot sy uiterste gevoer word, groepeer sommige geograwe die Australiese kontinentale landmassa saam met ander eilande in die Stille Oseaan as Oseanië, wat gewoonlik as 'n streek eerder as 'n kontinent beskou word.
Skeiding Die maatstaf dat elke kontinent 'n afsonderlike landmassa moet wees, word weens historiese konvensies en praktiese gebruik dikwels versag. Van die sewe algemeen erkende kontinente is slegs Antarktika en Australië heeltemal deur die see van die ander geskei. Afrika en Asië is deur die Landengte van Suez verbind en Noord- en Suid-Amerika deur die Landengte van Panama; in albei gevalle is daar geen volledige skeiding deur water nie, indien die Suezkanaal en die Panamakanaal – albei nou, vlak en mensgemaak – buite rekening gelaat word. Albei landengtes is baie nou in vergelyking met die landmassas wat hulle verbind.
Noord-Amerika en Suid-Amerika word in die sewe-kontinent-model as afsonderlike kontinente behandel, maar hulle kan ook as 'n enkele kontinent, Amerika, gesien word. Dié siening was in die Verenigde State tot die Tweede Wêreldoorlog algemeen en bly in party Asiatiese en die meeste Latyns-Amerikaanse ses-kontinent-modelle heersend.
Die maatstaf van 'n afsonderlike landmassa word heeltemal geïgnoreer wanneer die aaneenlopende landmassa van Eurasië as twee afsonderlike kontinente (Asië en Europa) geklassifiseer word. Fisiografies is Europa en die Indiese subkontinent groot halfeilande van die Eurasiese landmassa; Europa word egter met sy betreklik groot oppervlak van sowat 10 180 000 km² as 'n kontinent beskou, terwyl die Indiese subkontinent, met minder as die helfte daarvan, as 'n subkontinent geld. Sommige beskou die skeiding van Eurasië in Asië en Europa as 'n oorblyfsel van eurosentrisme: "In fisiese, kulturele en historiese verskeidenheid is China en Indië met die hele Europese landmassa vergelykbaar, nie met 'n enkele Europese land nie." Om historiese en kulturele redes duur die beskouing van Europa as 'n afsonderlike kontinent egter in byna alle indelings voort.
Indien kontinente streng as afsonderlike landmassas gedefinieer word, wat al die aaneenlopende land van 'n liggaam omvat, dan vorm Afrika, Asië en Europa 'n enkele kontinent wat Afrika-Eurasië genoem kan word. Saam met die samesmelting van die Amerikas lewer dit 'n vier-kontinent-model op: Afrika-Eurasië, Amerika, Antarktika en Australië.
Toe die seevlak gedurende die Pleistoseen se ystydperke laer was, was groter dele van die kontinentale plat as droë land blootgestel, wat landbrûe tussen Tasmanië en die Australiese vasteland gevorm het. In daardie tye was Australië en Nieu-Guinee 'n enkele aaneenlopende kontinent, Sahul, en was Afrika-Eurasië en die Amerikas deur die Bering-landbrug verbind. Ander eilande, soos Groot-Brittanje, was aan die vastelande van hul kontinente verbind. In daardie tyd was daar net drie afsonderlike landmassas in die wêreld: Afrika-Eurasië-Amerika, Antarktika, en Australië-Nieu-Guinee.
Aantal kontinente Daar is verskeie maniere om die kontinente van mekaar te onderskei:
Modelesenter|300pxKaart met kleur-kodes wys die onderskeie kontinente. Soortgelyke kleure kan gekonsolideer of verder onderverdeel wees.7 kontinente The World – Continents , Atlas of Canada" Continent". Encyclopædia Britannica. 2006. Chicago: Encyclopædia Britannica, Inc. World, National Geographic – Xpeditions Atlas. 2006. Washington, DC: National Geographic Society. The New Oxford Dictionary of English. 2001. New York: Oxford University Press. "Continent ". MSN Encarta Online Encyclopedia 2006. "Continent". McArthur, Tom, ed. 1992. The Oxford Companion to the English Language. New York: Oxford University Press; bl. 260. Noord-Amerika Suid-Amerika Antarktika Afrika Europa Asië Australië6 kontinente "Continent". The Columbia Encyclopedia. 2001. New York: Columbia University Press – Bartleby. "Continent". McGraw-Hill Concise Encyclopedia of Earth Science (extracted from online McGraw-Hill Encyclopedia of Science and Technology). 2005. New York: McGraw-Hill Professional; bl. 136-7. Noord-Amerika Suid-Amerika Antarktika Afrika Eurasië Australië6 kontinente Amerikas Antarktika Afrika Europa Asië Australië5 kontinente The Olympic symbols. Internasionale Olimpiese Komitee. 2002. Lausanne: Olympic Museum and Studies Centre. The five rings of the Olympic flag represent the five inhabited, participating continents (Africa, America, Asia, Europe, and Oceania ); thus, Antarctica is excluded from the flag. Also see Association of National Olympic Committees: Océano Uno, Diccionario Enciclopédico y Atlas Mundial, "Continente", page 392, 1730. Los Cinco Continentes (The Five Continents), Planeta-De Agostini Editions, 1997. Amerikas Afrika Europa Asië Australië5 kontinente Amerikas Antarktika Afrika Eurasië Australië4 kontinente Amerikas Antarktika Afrika-Eurasië Australië
Oppervlak en bevolking Die tabel hieronder gee die oppervlaktes wat die Encyclopædia Britannica vir elke kontinent volgens die sewe-kontinent-model verskaf, met Australasië saam met Melanesië, Mikronesië en Polinesië as dele van Oseanië. Die bevolkingsyfers is skattings van die Verenigde Nasies vir 2025 en volg die VN se streeksindeling, wat onder meer die hele Egipte by Afrika reken, die hele Turkye en Kasakstan by Asië, die hele Rusland by Europa en die hele Panama by Noord-Amerika.