Paul Adams (20 Januarie 1977 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketafrigter en 'n voormalige -speler. Hy was 'n linkshandige gewrigsdraaibouler wat sedert die 1990's sporadies vir die nasionale span uitgedraf het. Hy is ook die jongste persoon nóg wat vir Suid-Afrika toetskrieket gespeel het (18 jaar en 340 dae, in 1995).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996 vir Suid-Afrika gespeel.
duimnael|links|Boulstatistiek oor Adams se toetsloopbaan. Adams het sy land in 45 toetse verteenwoordig. Hy het 134 toetspaaltjies teen 'n gemiddeld van 32,87 lopies per paaltjie laat kantel. Hy het ook in 24 internasionale eendagwedstryde verskyn, waartydens hy 29 paaltjies teen 28,10 lopies per paaltjie laat kantel het.
Hy het vanweë sy ongewone boulaksie ikoniese status verwerf. Strydig met afrigtingsmetodes, het hy sy gesig op die oomblik van aflewering hemelwaarts gedraai. Die Engelse krieketspeler, Mike Gatting, het per geleentheid opgemerk dat Adams se boulaksie soos " 'n padda in 'n voedselverwerker" lyk. Dit het aanleiding tot sy bynaam, Gogga, gegee.
Adams is in 2012 as die breier van die Kaapse Kobras-krieketspan aangestel.Gogga met ervare bestuurspan omring, Beeld, 27 Junie 2012
Verwysings
Eksterne skakels Profiel op cricketarchive.com Profiel op espncricinfo.com
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense