Margaret Gardiner (geb. 21 Augustus 1959 in Kaapstad) is ’n Suid-Afrikaanse joernalis en skoonheidskoningin wat in 1978 op 18-jarige ouderdom as Mej. Heelal gekroon is. Sy het die land as Mej. RSA verteenwoordig en is die eerste Suid-Afrikaner wat die Mej. Heelal-titel gewen het.Judges Name Capetown Woman Country's First Miss Universe, Palm Beach Post (Associated Press) 25 Julie 1978.Miss Universe Title Goes to Tall South African, St. Joseph Gazette (UPI), 25 Julie 1978.
Sy was vierde van die topvyf toe die eindronde aanbreek, maar is as wenner aangewys nadat al die deelnemers hul laaste vraag beantwoord het. By die geleentheid in Acapulco het sy die kroon ontvang van Janelle Commissiong, die eerste swart wenner van die titel.
Margaret werk nou in Los Angeles as ’n tydskrif- en televisiejoernalis. Sy is getroud met prof. André Nel, afdelingshoof van nanomedisyne aan die Universiteit van Kalifornië (UCLA).Nanotegnologie maak kanker gou chroniese siekte, Die Burger, 2009/07/01. URL besoek op 20 Desember 2015
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike Mej. Heelal-webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Mejuffroue Heelal Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense