Liesl Mthombeni (neé Laurie) (gebore 28 April 1991, Johannesburg, Suid-Afrika) is ’n Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin wat in 2015 as dié jaar se Mejuffrou Suid-Afrika gekroon is. Sy het die land in Sanya, China by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en onder die top-10 geëindig.
Geskiedenis Liesl is op 29 Maart 2015 as Mej. Suid-Afrika gekroon as opvolger vir Rolene Strauss, die Mej. Wêreld van 2014. Die geleentheid is bygewoon deur Rolene en Suid-Afrika se ander twee Mej. Wêreldkoninginne, Anneline Kriel en Penny Coelen-Rey, asook 12 vorige Mej. Suid-Afrika-wenners. Liesl se ma, Karen Laurie, haar jonger suster, Michaela, en ouma Lorraine was ook in die gehoor.Kuier 22 April 2015
Op 19 Desember 2015 het Liesl onder die top-10 geëindig in die Mej. Wêreldkompetisie in China.
Verwysings
Eksterne skakels Mej. SA se amptelike webtuiste
Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle