Anneline Kriel (gebore 1955) is 'n Suid-Afrikaanse model, aktrise en skoonheidskoningin. Sy het in 1974 op 19-jarige ouderdom Mej. Wêreld geword nadat die Verenigde Koninkryk se Helen Morgan bedank het net vier dae ná haar kroning. Anneline was Suid-Afrika se tweede Mej. Wêreld naas Penny Coelen-Rey.
Sy het in verskeie Afrikaanse produksies gespeel,Motel View Victoria University Press. 1992. pp. 60 asook in die internasionale rolprent Kill and Kill Again.
Loopbaan Anneline was net 19 jaar oud toe sy Mej. Wêreld 1974 word. Dit was ’n onstuimige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis omdat die land toenemend geboikot is. Die blonde Anneline is dus soms oorsee as die gesig van apartheid-Suid-Afrika uitgebeeld en state soos die Verenigde Koninkryk en Australië het geweier om haar te verwelkom op haar wêreldtoer as Mej. Wêreld. In Suid-Afrika is haar kroning egter deur baie positief ontvang.A Race Apart: the beauty queens of the apartheid era The Times. 25 Junie 2010
In 1981 het sy die pop-enkelsnit He Took Off My Romeos uitgereik.South Africa's Vinyl Music History Rock.co.za. URL besoek op 15 September 2012Anneline Kriel - He Took Off my Romeos Soundcloud. URL besoek op 15 September 2012
Persoonlike lewe Anneline het grootgeword op die myndorp Witbank. In Maart 1976 was sy in ’n skandaal betrokke weens naakfoto's wat uitgelek en in die Sunday Times van Suid-Afrika verskyn het. Roy Hilligenn, Mnr. Suid-Afrika van 1943, 1944, 1946 en 1976, en Mnr. Amerika van 1951, het die foto's geneem en vir R100 000 aan ’n Britse koerant verkoop. Dit het haar gewys waar sy met vakansie kaal sonbrand saam met haar destydse kêrel, Richard Loring, en Hilligenn en sy gesin.A Century of Sundays: 100 Years of Breaking News in the Sunday Times, 1906-2006 2006. pp. 229
Sy het in 1980 met die hotelmagnaat Sol Kerzner getrou. Hulle is vyf jaar later geskei.The Sun king Daily Telegraph. 18 Julie 2004 Sy het in Switserland die Joodse geloof aangeneem en is in 1989 met die miljoenêr-perdeteler Phil Tucker getroud.The Adventures of Rabbi Arieh: A Destined Mission Around the World iUniverse. 2009. pp. 187 Hulle het twee dogters, Tayla en Witney, gehad. Anneline het in 1994 aansoek om ’n egskeiding gedoenTucker's funeral an understated affair IOL. 30 Mei 2008 en was in 2000 in ’n toesigstryd met Tucker gewikkel.Anneline in court in custody battle IOL. 11 Mei 2000
Sy is later met Peter Bacon, ’n hoofbestuurder en voormalige protégé van Kerzner, getroud.Peter Bacon: He's come from the casinos of Sun City to play one-armed bandits in Britain The Independent. 19 September 2004
Filmografie + Rolprent Jaar Titel Rol Notas 1975 Somer 1978 Someone Like You 1981 Kill and Kill Again Kandy Kane 1985 Van der Merwe PIVAN DER MERWE P.I. MNET. URL besoek op 15 September 2012 1990 Reason to Die Lena
Verwysings
Eksterne skakels * Mej. SA se amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Afrikaners Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Mejuffroue Wêreld Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria