Mireia Lalaguna Royo (geb. 28 November 1992) is ’n Spaanse model en skoonheidskoningin wat in Desember 2015 in Sanya, China, gekroon is as Mej. Wêreld 2015. Sy is die eerste Mej. Wêreld van Spanje.
Geskiedenis Mireia is in 2014 gekroon as Mej. Atlántico Internacional en op 24 Oktober 2015 in Malaga as Mej. Spanje. Op 19 Desember van dié jaar is sy in China as Mej. Wêreld gekroon. Sy volg Rolene Strauss van Suid-Afrika op.
Uitslag Finale uitslag Deelnemer Mej. Wêreld 2015 – Mireia Lalaguna 1ste prinses – Sofia Nikitchuk 2de prinses – Maria Harfanti Top-5 – Valerie Abou Chacra – Sanneta Marie Top-11 – Tess Alexander – Hinarere Taputu – Lisa Punch – Hillarie Parungao – Liesl Laurie – Trần Ngọc Lan Khuê
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spaanse kunstenaars Kategorie:Mejuffroue Wêreld Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense