Edwin Cameron (gebore 15 Februarie 1953 in Pretoria) is 'n oudregter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Hy is bekend vir sy aktivisme vir die beskerming van mense met MIV/vigs en die regte van LGBT-mense. Nelson Mandela het hom as "een van die helde van die nuwe Suid-Afrika" beskryf."Edwin Cameron", Media AIDS . President Ramaphosa het hom vanaf 1 Januarie 2020 as Inspekterende Regter van Korrektiewe Dienste aangestel en in Oktober 2019 is hy verkies tot Kanselier van die Universiteit Stellenbosch.

Vroeë jare Cameron is in Pretoria gebore. Sy pa is na 'n motorongeluk in hegtenis geneem en sy moeder het nie genoeg geld gehad om hom op te voed nie. Daarom het hy sy kinderjare as 'n weeskind in Queenstown deurgebring. Toe Cameron nege was, is sy ouer suster oorlede.

Publikasies Witness to AIDS, Tafelberg, Cape Town: 2005. Justice: A Personal Account, Tafelberg, Cape Town: 2014.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Wilgenhof Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch Kategorie:Suid-Afrikaanse ontvangers van die Rhodes-beurs Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika