duimnael|links|170px|Ds. H.T. de Villiers, die leraar van 1974 tot 1975.
Die Gereformeerde kerk Waterval-Boven was een van die kleinste gemeentes in die Gereformeerde Kerk en het einde 2014 net nege belydende en drie dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 13 en twee einde 2001. Die gemeente het in 2020 ontbind.
Die gemeente het in Januarie 1951 van die Gereformeerde kerk Belfast afgestig en kon sy eie kerkgebou op 16 Mei 1959 in gebruik neem. Dis 'n eenvoudige saalkerkie volgens dieselfde plan wat die argitek Johan de Ridder vir die Gereformeerde kerk Belfast geteken het.
Predikante Smit, Erasmus Johannes, 1969 – 1972 (in kombinasie met Carolina) De Villiers, Hendrik Tjaart, 1974 – 1975 Kits, Jelte, 1978 – 2000 (in kombinasie met Carolina; aanvaar sy emeritaat)
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook NG gemeente Machado-Boven
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga