David (Des) van Rooyen (gebore op 20 November 1968) is op 10 Desember 2015 as Suid-Afrika se minister van finansies beëdig. Hy volg die vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene op, nadat Nene summier van sy pos onthef is.Van beleërde oudburgemeester tot minister, Maroela Media, besoek op 10 Desember 2015 Die markte het nie positief op sy aanstelling gereageer nie en die Suid-Afrikaanse Rand het deur die vlak van R15 per dollar en R16 per euro gebreek.Rand val soos ‘n klip ná Zuma MK-terroris as minister van finansies aanstel , PRAAG, besoek op 10 Desember 2015 Sy aanstelling is drie dae later herroep, waarna hy deur Pravin Gordhan, 'n vorige minister van finansies, opgevolg is. Hy is verskuif na Gordhan se vorige pos as minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede. Nadat Cyril Ramaphosa in Februarie 2018 Jacob Zuma as president van Suid-Afrika opgevolg het, is Des van Rooyen nie vir die nuwe kabinet oorweeg nie.4 Of The Worst Ministers We Definitely Won't Miss , HuffPost, besoek op 27 Februarie 2018
Van Rooyen was in die tagtigerjare 'n lid van Umkhonto we Sizwe. Sedertdien was hy 'n uitvoerende burgemeester van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit en 'n gewese Noordwes-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering.
Tydens sy ampstermyn as burgemeester was daar sterk teenkanting teen die inlywing van die munisipaliteit by Noordwes. As gevolg hiervan is sy huis in 2006 deur woedende inwoners afgebrand.
Die Universiteit van Londen het in 2014 'n M.Sc. in finansies aan hom toegeken.
Verwysings
Eksterne skakels David van Rooyen op People's Assembly
Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van finansies