duimnael|links|350px|Die Gereformeerde kerk Rooihuiskraal is op 1 Februarie 2004 in gebruik geneem. duimnael|links|240px|Di. Dreyer Potgieter (links) en Willem Kotze was onderskeidelik van 2008 tot 2016 en van 1988 tot 2020 predikante van die gemeente.

Die Gereformeerde kerk Rooihuiskraal is ’n gemeente in die Gereformeerde Kerk (GKSA) se Klassis Pretoria-Suidwes. Dit is die jongste gemeente in dié klassis met oorwegende Afrikaanssprekende lidmate, en is volgens die sieletal die derde grootste gemeente naas Rietvallei en Centurion.

Rooihuiskraal het in 1988 (net drie jaar ná die NG gemeente Rooihuiskraal se stigting) van Wierdapark afgestig, wat op sy beurt in 1973 (drie jaar voor die NG gemeente Wierdapark se stigting) van die Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte afgestig het. Aan die begin is die eredienste in verskillende skoolsale gehou. Die kerkgebou is onder leiding van die argitek Tertius Horak beplan as ’n doelmatige gebou wat gebruik sou kon word vir meer as net formele eredienste. Die eerste gemeentebyeenkoms in dié nuwe gebou was op 30 November 2003, 15 jaar ná afstigting, maar die amptelike ingebruikneming was eers op 1 Februarie 2004.

Aangesien die gemeente veeldoelig is, kan dit ook deur die loop van die week gebruik word. Daar is dan ook nie vaste kerkbanke nie, maar los stoele. Die preekstoel is ook so ontwerp dat dit op ’n mobiele verhogie rondgeskuif kan word.

Rooihuiskraal het einde 1997 'n sieletal van 776 gehad van wie 299 dooplidmate was, einde 2001 was dit 818, van wie 301 dooplidmate was, maar einde 2014 684, van wie net 165 dooplidmate was. Dié afname in die kindertal is waarskynlik daaraan te wyte dat baie van die egpare met jong kinders wat hulle in die beginjare van die woonbuurt hier kom vestig het, hier gebly het namate die kinders groter geword en eindelik die huis verlaat het.

Naas die voorstad Rooihuiskraal, beslaan die gemeente onder meer ook Brooklands Estates, die kleinhoewes van Halfweghuis, Heuweloord, Midstream Estates, The Reeds en Wierdapark X2.

Predikante Kotze, Willem Gysberth McDonald, 1988 – 2020 (oorgekom vanaf moedergemeente, Wierdapark) Potgieter, Jasper Dreyer, 2008 – 2016 (aanvaar 'n beroep na die Gereformeerde kerk Meyerspark) Andersen, Christiaan, 2021 – hede

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Eksterne skakels Die ingang na die kerkperseel van die Gereformeerde kerk Rooihuiskraal, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 10 Desember 2015.

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Groot-Pretoria Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika