Hans Arthur Gerard van Manen (Nederlands: [ɦɑns ˈɑrtyr ˈɣeːrɑrt vɑn ˈmaːnən]; * 11 Julie 1932 – 17 Desember 2025) was 'n Nederlandse balletdanser, choreograaf en fotograaf.

In 1960 was hy een van die stigtingslede van die Nederlands Dans Theater en het tussen 1961 en 1970 as dié dans-ensemble se artistieke leier gedien. Van Manen was daarna as vryskutter werksaam en was tussen 1974 en 1987 by die Nederlandse Nasionaalballet betrokke.

Van Manen word as een van die groot vernuwers van Europese balletkuns beskou. Met sy klassisistiese danstaal, wat regstreeks uit die musiek ontwikkel is en sy voorbeeld oorspronklik in George Balanchine gevind het, het van Manen uiteindelik sy eie persoonlike styl geskep. Manlike en vroulike dansers speel 'n gelykwaardige rol in sy choreografieë.

Meer as 120 choreografieë maak deel uit van Van Manen se lewenswerk. Baie van hulle het ingang gevind tot die standaardrepertoire van gesiene dans-ensembles in Europa, Kanada, die Verenigde State en Japan. Deutsche Oper am Rhein – Düsseldorf/Duisburg: Profil – Hans van Manen. Besoek op 12 November 2015

Naas sy werk as choreograaf was Hans van Manen ook meer as tien jaar lank as fotograaf aktief. Van sy fotografiese werke is in boekvorm gepubliseer en op uitstallings vertoon.

Hans van Manen is op 17 Desember 2025 in Amsterdam oorlede, hy was 93 jaar oud.

Eerbewyse Van Manen se werk is met verskeie eerbewyse bekroon: 1993 – Deutscher Tanzpreis (Duitse Dansprys) 2000 – Erasmusprys 2004 – Musiekprys van die Stad Duisburg 2005 – Prix Benois de la Danse (vir sy lewenswerk) en Grand Pas Award

Verwysings

Eksterne skakels

Hans van Manen-stigting

Kategorie:Nederlandse fotograwe Kategorie:Nederlandse kunstenaars Kategorie:Dansers Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2025