duimnael|'n Tipe verdampingsverkoeler wat in die droeër dele van die Amerikaanse Weste gebruik word.
'n Verdampingsverkoeler is 'n toestel wat lug afkoel deur die verdamping van water. Verdampingsverkoelingstelsels verskil van tipiese lugversorgingstelsels wat van gas-kompressie en uitsetting siklusse gebruik maak in die vorm van 'n hittepomp. Verdampingsverkoelers geniet onlangs meer aandag omrede dit aansienlik minder elektrisiteit as 'n tradisionele lugversorgingstelsel benodig om dieselfde verkoeling te bied.
Werking
Verdampingsverkoelers gebruik die beginsel van verdampingswarmte om water as 'n vloeistof te verdamp en deur die fase verandering, van die vloeistof na gas, energie te absorbeer vanaf die lug. Deurdat energie vanaf die lug geabsorbeer word deur die water, koel die lug af. Dit word dan in 'n vertrek in 'n gebou in geblaas deur pype om sodoende die gebou te verkoel.
Vergelyking met lugreëling
Daar is beide voordele en nadele as verdampingsverkoelers met hittepomp lugreëlings vergelyk word: VerdampingsverkoelerHittepomplugreëlingNadele Verkoelingstemperatuur beperk tot natbol-temperatuur. Gesog in warm gebiede waar water dikwels skaars is. Swak prestasie in klam klimaat. Duur installasie kostes. Hoë elektrisiteitsverbruik. Word dikwels gevul met werksvloeistof wat sleg is vir die omgewing indien dit lek.Voordele Lae elektrisiteitsverbruik. Basiese werking sorg vir maklike en goedkoop onderhoud. Kan baie kouer maak as 'n verdampingsverkoeler
Kategorie:Huishoudelike toestelle Kategorie:Temperatuur Kategorie:Termodinamika