Die Khoisan-tale is 'n taalgroep wat klikgeluide gebruik en nie tot die Afro-Asiatiese, Niger-Kongo- of Nilo-Sahariese tale behoort nie. Dit is oorwegend in Suider-Afrika met Angola, Botswana, Namibië en Suid-Afrika asook in Tanzanië versprei. Die Khoisan-tale vorm geen genetiese eenheid (taalfamilie) nie, maar bestaan uit minstens drie taalfamilies en sommige geïsoleerde tale.

duimnael|links|Die Khoisan-tale word in geel aangedui duimnael|links|Verspreiding van Khoisan-tale Khoisansprekende volke sluit in die Khoikhoi, San, Damaras en Namas, waarvan die laaste twee Nama as moedertaal gebruik. In Tanzanië word daar ook die Hadza en Sandawe aangetref. Barnard, A. (1988) 'Kinship, language and production: a conjectural history of Khoisan social structure', Africa: Journal of the International African Institute 58 (1), 29–50.

Voor die migrasie van die Bantoevolke het Khoisanvolke ook in verder noordelike dele van Afrika gewoon. Güldemann, Tom en Edward D. Elderkin (forthcoming) 'On external genealogical relationships of the Khoe family. ' In Brenzinger, Matthias and Christa König (eds.), Khoisan Languages and Linguistics: the Riezlern Symposium 2003. Quellen zur Khoisan-Forschung 17. Köln: Rüdiger Köppe. Van die Khoisan het sommige Bantoetale se klikgeluide oorgeneem, maar hulle word nie tot die Khoisan-tale gereken nie, omdat hulle tot 'n ander taalfamilie behoort. Bekende voorbeelde hiervan is tale soos Noord-Ndebele, Suid-Ndebele, Swazi, Xhosa en Zoeloe (almal tale binne die Nguni-taalfamilie).

Verwysings

Bronne Sands, Bonny. 1998. Eastern and Southern African Khoisan: Evaluating Claims of Distant Linguistic Relationships. Cologne: Rüdiger Köppe Verlag. Westphal, E.O.J. 1971. "The Click Languages of Southern and Eastern Africa." In Current Trends in Linguistics, Volume 7: Linguistics in Sub-Saharan Africa, edited by T.A. Sebeok. Berlin: Mouton, 367–420.

Eksterne skakels

Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Angola Kategorie:Tale van Botswana Kategorie:Tale van Namibië Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Tanzanië