Mabel Catherine Malherbe (Pretoria, Transvaal, 9 Augustus 1879 – Roodewal, Nelspruit, 1 Februarie 1964) was ’n Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria).

C. Pretorius skryf in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek: "Ofskoon klein en fyn van persoon, was Malherbe 'n vrou met merkwaardige dryfkrag en vasberadenheid, maar ook met 'n diepe deernis vir haar medemens. Volgens die skryfster M.E.R. wat haar goed geken het, was dit haar geaardheid om te help en te gee aan dié wat moes ontbeer, en kon sy gebrek nêrens gesien het sonder om dit te probeer verhelp nie." Anna Neethling-Pohl sê sy was as jong vrou fyn, aantreklik, lewenslustig en idealisties. Al was sy later ’n bekende openbare figuur, het min mense haar regtig intiem geken. Sy was terughoudend en van haar vriende het haar as “intimiderend” beskryf. Nietemin was almal dit eens dat sy ’n vrou met ontsaglike integriteit was. Sy het vroue, veral Afrikanervroue, se belange deurentyd op die hart gedra en bevorder, en ’n onmiskenbare rol gespeel, deur haar politieke bedrywighede en haar redakteurskap van Die Boerevrou, om Afrikaanse vroue op die moderne lewe in die 20ste eeu voor te berei.

Herkoms en opleiding duimnael|links|170px|Malherbe was 'n susterskind van die skrywer en digter Eugène Marais. duimnael|regs|240px|’n Skets van Rustenburg House, deur Montrose Cloete. Die Hoër Meisieskool Rustenburg, waar Malherbe gematrikuleer het, is onder meer in dié gebou gehuisves tot sy verskuiwing in 1932 na die Erinville-landgoed. Die laerskool gebruik steeds Rustenburg House. Malherbe was die dogter van Frans Christopher Muller Rex en sy vrou, Gezina Constantia (Jess) Marais. Haar oupagrootjie aan vaderskant was die entrepreneur George Rex (29 Augustus 1765 – 3 April 1839), die stigter van Knysna en luidens gerugte van destyds ’n buite-egtelike kind van koning George III, hoewel genetiese toetse dié bewering in 2004 weerlê het. New doubts about royal blood, Knysna-Plett Herald, 11 Desember 2014. URL besoek op 13 Oktober 2015. George Rex het geweier om hom aan die huwelikswette van die Kaapkolonie te onderwerp en het dus vier buite-egtelike kinders gehad by ’n vrygemaakte slavin, Johanna Rosina van der Caap, en daarna nog nege by een van haar dogters, Carolina Margaretha Ungerer, 'n kind van Johanna by ’n gewese eienaar.

Malherbe se moeder was ’n suster van die digter en skrywer Eugène Marais (9 Januarie 1871 – 29 Maart 1936). Haar oupa aan moederskant was Jan Nielen Marais, lid van die Transvaalse regering onder pres. T.F. Burgers. Jan en Catharina Marais het in 1868 van ’n plaas naby Stellenbosch na Pretoria verhuis. Hulle het ses dogters en vier seuns gehad. Eugène Marais was die jongste seun.

In Transvaal het die Marais-gesin hoofsaaklik met Engelssprekendes en oud-Kapenaars omgegaan. Hulle kon Engels vlot praat en het dit ook graag gedoen. Hulle het blykbaar nie goed oor die weg gekom met Afrikaners nie en het ook nie ’n hoë dunk van pres. Paul Kruger gehad nie omdat hy te onverfynd en boonop ’n Dopper was. Weens haar vader, Frank, met wie haar moeder in 1874 getroud is, se drankprobleem was daar gedurig spanning in die Malherbe-huishouding, wat daartoe gelei het dat hy Karoo toe verhuis en daar redakteur van ’n Nederlandse koerant geword het, al was sy huistaal Engels. Jess was ’n sterk vrou en het haar drie kinders (daar was ook nog die seuns Percy en Herbert) alleen onderhou deur ’n losieshuis en klein melkery te bedryf. Met haar moeder het Malherbe gereeld vasgesit.

Malherbe het haar skoolopleiding in haar geboortestad begin en aan die Hoër Meisieskool Rustenburg in Rondebosch, Kaapstad, voltooi, dieselfde skool waar die eerste vrou in die Volksraad, Leila Reitz, matriek in 1905 in die eersteklas geslaag het. Malherbe het op skool besluit om verslaggewer te word en ná matriek self gereël om by ’n Engelse dagblad opgelei te word, maar haar ma was sterk daarteen gekant dat Malherbe in ’n kantoor sou gaan werk en het haar per telegram huis toe gebied.

Op 17 was sy terug in Pretoria waar sy af en toe beriggies vir koerante geskryf het. Terwyl sy vir mev. Grobler, eggenote van pres. Kruger se sekretaris, Piet Grobler, Engelslesse gegee het, het sy in aanraking met die president gekom, enkele kere by hom aan huis gekuier en ’n groot bewondering vir die stil, sterk en ruwe leier ontwikkel. Die Jameson-inval was ’n keerpunt in haar politieke denke, want dit het haar selfs nog voor die Tweede Vryheidsoorlog tot Afrikaner-Nasionalisme bekeer.

Driejarige Oorlog en daarna duimnael|links|300px|Malherbe het 'n driejarige kursus in Haarlem, die hoofstad van Noord-Holland, van omstreeks 1901 tot 1904 gevolg. Hierdie fotochroom van die Haarlemse stadsaal dateer omstreeks 1895. duimnael|180px|Gustav Preller was een van die Pretoriase intellektuele met wie Mabel en Kenne Malherbe bevriend was.

Vervul met die behoefte om haar land te dien, het sy haar met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 by die Rooi Kruis aangesluit. Pretorius, J.C. in Beyers, C.J. 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Durban en Pretoria: Butterworth & Kie (SA) (Edms.) Bpk. Sy het eers in Pretoria en daarna op die trein tussen die hoofstad en Modderspruit verpleegwerk gedoen. Tydens die uitvoering van haar pligte het sy haar toekomstige man, Kenne N. de Kock Malherbe, ’n prokureur, ontmoet. Potgieter, D.J. 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa volume 7. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd. Op haar laaste besoek aan Modderspruit het hulle verloof geraak. Toe haar familie tydelik op Gordonsbaai gaan woon ná die besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 deur die Britse troepemagte, het sy daarin geslaag om met die hulp van die groot Kaapse weldoener Marie Koopmans-de Wet op die Duitse skip Hertzog na Nederland te gaan, waar sy in die Diakonessehuis in Haarlem 'n driejarige kursus in verpleging gevolg het. In Nederland het haar groot lewensdoel vorm aangeneem: om alles in haar vermoë te doen om haar volk se verlore vryheid terug te help wen.

Reeds in die jare onmiddellik ná haar terugkeer in Pretoria in 1904 het Malherbe groot belangstelling in die openbare lewe en in die lot van die minderbevoorregtes getoon. Haar man, Kenne, met wie sy op 13 April 1904 getroud is, was die seun van Nicolaas Malherbe, oud-tesourier-generaal van die ZAR. Volgens die skrywer M.E.R. was Kenne Malherbe ’n knap prokureur met “veelsydige aanknopings en belange”. Die egpaar was bevriend met talle intellektuele in die hoofstad, onder wie adv. Tielman Roos en Gustav Preller, redakteur van De Volksstem. Volgens oorlewering het die Malherbes ’n gelukkige huwelikslewe gehad. Kenne Malherbe was saggeaard en het sy vrou hartgrondig ondersteun in alles wat sy aangepak het. Soms het hy grappenderwys na homself verwys as “mnr. Mabel Malherbe”. In die omgang het sy Afrikaans gepraat, maar hul huistaal was Engels, waarskynlik omdat sy Engels grootgeword het.

Hul twee kinders is ook na Engelse skole gestuur. Martha (Martli) is in 1905 gebore en Nicolaas Samuel (Boet) in 1906. Martli het aktrise geword, 25 jaar in Londen gewoon en heeltemal verengels. Sy was nooit getroud nie en het haar ma later verwyt dat sy so besig was met liefdadigheidswerk dat sy nie genoeg tyd aan haar afgestaan het nie. Boet was ’n ware intellektueel en het later lid geword van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Blykbaar het Malherbe albei haar kinders se uitkyke en leefwyse volkome aanvaar.

Malherbe het haar aan liefdadigheidswerk gewy, was sedert die stigting in 1904 lid van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie en het in 1917 in die hoofbestuur van hierdie organisasie gedien. Sy was ook stigter van die Pretoriase Afrikaans-Hollandse Leesunie. Hierdie vereniging het van krag tot krag gegaan tot daar honderd lede was en 'n lang waglys vir lidmaatskap. So is die Mabel Malherbe-leeskring, wat vandag (2015) nog bestaan, gestig. Die trotse geskiedenis van Pretoria se oudste leeskring. URL besoek op 13 Oktober 2015. Sy was voorsitster van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vroueraad (Pretoria-tak) en het hierdie liggaam eenkeer op 'n internasionale konferensie in Genève verteenwoordig, waar sy interessante vroue uit talle wêrelddele ontmoet het.

Die Boerevrou duimnael|regs|180px|Die skrywer M.E.R. het saam met Malherbe by Die Boerevrou gewerk, die eerste Afrikaanse vrouetydskrif. Ontstaan, bestuur en ontvangs van Die Boerevrou, die eerste Afrikaanse vrouetydskrif. URL besoek op 13 Oktober 2015. links|duimnael|200px|Die voorblad van Die Boerevrou van Mei 1926. duimnael|regs|180px|Van die digter dr. A.G. Visser het gereeld bydraes in Die Boerevrou verskyn. duimnael|links|200px|Die oudpresident van die Oranje-Vrystaat F.W. Reitz was van die digters wie se gedigte in Die Boerevrou gepubliseer is. Malherbe het vroeg reeds 'n groot liefde vir die joernalistiek geopenbaar. In 1945 het sy vir ’n artikel in Huisgenoot aan Anna Neethling-Pohl vertel hoe dit gebeur het dat sy Die Boerevrou begin het. Sy en haar man het op ’n dag ’n tentoonstelling besoek en is daar oorgehaal om op die Farmer’s Weekly in te teken. Toe sy tuiskom, kry sy die beskeie vroueblaadjie, The Homestead, daarin. Dadelik het sy gevoel dat haar eie volk se vroue so 'n publikasie broodnodig het. En so kom sy daartoe om Die Boerevrou te stig, onder aanmoediging van haar oom Eugène Marais. Sy het in die hoofbestuur van die Nasionale Vroueparty gebly, maar bedank die sekretariële werk om al haar aandag aan Die Boerevrou te wy. Pohl skryf: “Hierdie blad, wat sy jare lank bestuur het en waarvoor haar man die geld gevind het, het in dringende en groot behoefte voorsien. Ek is oortuig daarvan dat ons nouliks die belangrikheid daarvan kan oorskat. Dit is dan ook mev. Malherbe se grootste diens aan haar volk gewees dat sy deur middel van haar blad die vrouens meer volksbewus gemaak het, hulle besliste leiding in verskillende sake gegee en hul lewens verdiep en verryk het.” Hierdie eerste Afrikaanse vroueblad se eerste uitgawe het in Maart 1919 in Pretoria verskyn. Hermann Giliomee skryf oor haar beweegrede vir dié moedige poging: "Sy was ’n Engelssprekende wat in ’n stoere republikeinse familie ingetrou het. Sy het selde Afrikaans gepraat, min kerk toe gegaan en haar eie familie (gesin) het verengels. Nogtans het sy bewustelik besluit om haar as ’n Afrikaner te identifiseer. As ’n jong vrou het sy dikwels op Transvaalse plase gekom waar vroue haar raad gevra het oor gesondheid, huishoudelike sake en kindersorg. Sy het Die Boerevrou begin omdat sy al die daaglikse probleme van hierdie vroue wou behandel in ’n taal wat hulle verstaan." Giliomee, Hermann. 2004. Die Afrikaners: ’n Biografie. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.

Malherbe het daarin geslaag om van 1920 af 'n aantal jare lank die medewerking van die skryfster M.E.R. as assistent-redakteur te verkry, wie se eerste kortverhale in dié blad verskyn het. Sy het ook bydraes van haar oom Eugene Marais ontvang en talle gedigte van hom het vir die eerste keer in hierdie tydskrif verskyn. Vir die eerste uitgawe het hy die gedig "Waar Tebes in die Stil Woestyn" geskryf. Neethling-Pohl meen dit is "miskien een van haar grootste gifte aan die volk dat sy dié begaafde digter voortdurend aangepor en gepla het om gedigte en prosastukke vir haar lesers beskikbaar te stel".<ref> Neethling-Pohl, Anna. Huisgenoot, 1 Junie 1945.</ref> Digters en skrywers soos Jan F.E. Celliers, A.G. Visser, Toon van den Heever en F.W. Reitz het gereeld bydraes gelewer, terwyl die skilders J.H. Pierneef en E. Mayer illustrasies vir die blad geteken het. Neethling Pohl skryf Malherbe het die volk en sy kunstenaars só aan mekaar bekendgestel. Die Boerevrou was altyd keurig versorg en, sonder om te preek, het dit smaak vir eie, nasionale kuns bevorder. Dr. C. Louis Leipoldt en ander medici het in 'n gesondheidsrubriek noodsaaklike voorligting oor allerlei siektes gegee.