Milton Friedman (31 Julie 1912 – 16 November 2006) was 'n beroemde Amerikaanse ekonoom. Hy het baie in die teorie van monetarisme belanggestel. Volgens monetarisme het die bedrag geld wat deur die regering gedruk word 'n groot effek op 'n land se hele ekonomie. Hy ondersteun die idee dat die regering elke jaar dieselfde lae koers van geld moet druk, eerder as verskillende bedrae elke jaar. In 1976 is die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe "vir sy prestasies op die gebied van verbruiksanalise, monetêre geskiedenis en teorie en vir sy demonstrasie van die kompleksiteit van stabiliseringsbeleid" aan hom toegeken.

Lewensloop Friedman is in 'n familie van Hongaars-Joodse afkoms in Brooklyn, New York gebore. Hy het in Rahway, New Jersey, grootgeword. Friedman het aan die Rutgers Universiteit, Columbia Universiteit en die Universiteit van Chicago gestudeer. Hy het in Chicago met George Stigler by die Chicago School of Economics gewerk.

Tydens die 1970's het Friedman se ideale van monetarisme gewild geword, waarna hy die ekonomiese raadgewer van president Ronald Reagan geword het.

Volgens Friedman moet die regering se beheer oor die ekonomie beperk word. Hy het met die ideale van die verlaging van belasting en die verlaging van staatsbesteding voorgestaan. Sy politieke sienings was liberaal. Hy het teen diensplig gestaan en was ingenome toe die VSA hulle diensplig wetgewing geskrap het.

Vir 'n paar dekades het Friedman verskeie dokumentêre, boeke en onderhoude die lig laat sien om sy ekonomiese ideale te versprei. Die belangrikste boeke wat deur hom geskryf is, is Capitalism and Freedom en Free to choose.

In 1938 trou Friedman met Rose Director. Hulle het 'n seun en 'n dogter gehad. Hy was 'n agnostikus.

As gevolg van hartversaking is Friedman in San Francisco, Kalifornië, oorlede. Sy oorskot is veras en oor die San Francisco Bay-gebied gestrooi.

Verwysings

Eksterne skakels

Milton and Rose Friedman: An Uncommon Couple (teks, oudio en video) The Milton Friedman papers by die Hoover Institution Archives Selected Bibliography for Milton Friedman by die Universiteit van Chicago se biblioteekwerf Profiel en witskrifte op repec.org

Becker Friedman Institute by die Universiteit van Chicago se webtuiste The Foundation for Educational Choice Milton Fridman by Scarlett Inflation and Unemployment 1976-lesing op NobelPrize.org Nobel Prize acceptance speech

Kategorie:Amerikaanse akademici Kategorie:Amerikaanse ekonome Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe-wenners Kategorie:Basisinkomste Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 2006