Ewald Auguste Esselen is op (27 September, 1858 - 1 November, 1918) in Worcester, Suid-Afrika gebore uit 'n Rynse sendingfamilie. Sy vader was eerw. L. F. Esselen.

Loopbaan Na sy skoolopleiding is Ewald na die Universiteit van Edinburgh, Skotland, om hom in die medisyne te bekwaam. Hy het in 1881 na Suid-Afrika teruggekeer en is later as die privaatsekretaris vir vise-president Paul Kruger aangestel. Hy het weer na Londen gegaan waar hy, op advies van Kruger, by die Inner Temple gekwalifiseer het as 'n advokaat. In 1887 is hy aangestel as Kriminele Regter vir die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), en as Prokureur-generaal in 1894.

Krygsgevangene Hy word in 1900 krygsgevange geneem, maar tog toegelaat om op parool na Europa te gaan. Hy keer in 1902 terug na Suid-Afrika en begin weer as advokaat praktiseer.

Dood Hy het aan die begin van 1918 in Seepunt (Kaapstad) gesterf en is begrawe in die Ou Begraafplaas in Pretoria.

Straatnaam Esselenstraat (nou bekend as Robert Sobukwe-straat) in Pretoria was na hom vernoem.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Geboortes in 1858 Kategorie:Sterftes in 1918