Die Brasiliaanse glorie-ertjie (Sesbania punicea) is 'n indringerplant en klein boompie of struik wat inheems is aan die suide van Brasilië, Uruguay en die noordooste van Argentinië.

Voorkoms duimnael|links|Saadpeule duimnael|links|Sade

Die boom is klein en word nie groter as 4 m nie. Dit groei op spruit- en rivieroewers. Die boom het donkergroen, neerhangende, saamgestelde blare. Die blomme is ertjievormig en is helderrooi of helderoranje. Dit word deur heuningbye en suikerbekkies bestuif. Die peule is langwerpig met vier vlerkies en word versprei deur waterstrome.

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Verwysings

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika

Eksterne skakels

Kategorie:Indringerplante Kategorie:Flora van Argentinië Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Flora van Uruguay