Solomon Kalushi Mahlangu (10 Julie 1956 – 6 April 1979) was 'n Suid-Afrikaanse lid van die African National Congress (ANC) se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK). Hy is aan moord skuldig bevind en is in 1979 gehang.
Vroeë jare Mahlangu is op 10 Julie 1956 in Pretoria gebore. Hy was die tweede seun van Martha Mahlangu, 'n huishulp. Sy vader verlaat hulle in 1962, waarna hy deur sy ma grootgemaak is. Hy woon Mamelodi Hoërskool tot standaard 8 by, maar kon as gevolg van die onluste, nie sy skoolopleiding voltooi nie.
Militêre opleiding In 1976 vlug hy na Mosambiek en spandeer ses maande in ʼn vlugtelingkamp naby Xai Xai. Daarna word hy na ʼn ANC opleidingskamp, genaamd "Engineering", in Angola geneem. Daar en by Funda-kamp het hy opleiding ontvang in sabotasie, gevegskuns, verkenning en politieke opleiding. http://www.sahistory.org.za/people/solomon-kalushi-mahlangu Na sy opleiding is hy, George ‘Lucky’ Mahlangu en Mondy Motloung na Swaziland geneem waar hulle reistasse vol pamflette, gewere en handgranate gegee is. Daarna, op 11 Junie 1977, het hulle die grens oorgesteek en hul weg na Johannesburg gebaan. Arrestasie Die drie kamerade het in Diagonalstraat in 'n taxi geklim, maar 'n polisieman het onraad gemerk toe hy hul groot tasse sien. Die polisieman het een van die tasse gegryp en 'n AK-47 en 'n handgranaat het uitgeval. Al drie het toe op die vlug geslaan. Lucky het eenkant toe gehardloop en Mahlangu en Motlaung het in die rigting van Fordburg gevlug. In Gochstraat het die twee gaan skuiling soek in die pakkamer van John Orr's en binnekant het hulle twee werknemers van John Orr's, Rupert Kessner en Kenneth Wolfendale, doodgeskiet en nog twee gewond. Beide voortvlugtendes is daarna gearresteer en aangehou.Truth and Reconciliation Commission Report, volume 3, p. 592, para. 227; http://www.sahistory.org.za/people/solomon-kalushi-mahlangu Verhoor Mahlangu se verhoor het ʼn aanvang geneem op 7 November 1977. Hy is bygestaan deur twee advokate, Ismail Mohamed S.C. en Clifford Mailer. Hy is aangekla op twee aanklagtes van moord, twee van poging tot moord en verskeie aanklagtes ingevolge die Wet op Terrorisme. Die hof het bevind dat Mahlangu en Motlaung met ʼn gemeenskaplike doel opgetree het en gevolglik dat dit nie saak gemaak het wie die skietwerk gedoen het nie. Mahlangu is skuldig bevind op alle aanklagtes. Geen versagtende omstandighede is bewys nie en Mahlangu is ter dood veroordeel. Sy aansoeke om verlof om te appelleer is afgewys. Mahlangu is op 6 April 1979 gehang. Waarheid-en-versoeningskommissie Die Waarheid-en-versoeningskommissie het Mahlangu en Motlaung se geval ondersoek en bevind dat beide verantwoordelik was vir Rupert Kessner en Kenneth Wolfendale se dood en skuldig was aan growwe vergrype van menseregte. Die kommissie het ook bevind dat die ANC en die bevelvoerder van MK aan sodanige vergrype skuldig was. Truth and Reconciliation Commission Report, volume 3, page 592, para. 592-4 Eerbewyse Mahlangu is in Atteridgeville begrawe. Hy is op 6 April 1993 in Mamelodi herbegrawe. Daar is ʼn gedenkplaat wat glo lees: "Vertel my mense dat ek hulle liefhet en dat hulle moet aanhou veg, my bloed sal die boom voed wat die vrugte van vryheid sal dra, Aluta continua.". SAhistory.org.za gebruik die woorde:"his supposed last words." In Tanzanië is die Solomon Mahlangu Freedom College (SOMAFCO) opgerig. Op 27 September 2005 is die orde van Mendi vir Dapperheid in goud aan hom toegeken deur die Staatspresident. In 2005 is daar 'n standbeeld van Mahlangu in Mamelodi opgerig. Op 6 April 2009 het die poskantoor 'n posseël uitgereik om sy dood 30 jaar tevore te herdenk.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse moordenaars Kategorie:Suid-Afrikaanse tereggestelde mense Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Sterftes in 1979