Die Tai-Kadai-tale, soms ook Kra-Dai-, Dais- of Kadai-tale genoem, is 'n taalfamilie wat uit 95 tale bestaan wat deur sowat 100 miljoen mense gepraat word. Hulle is oorwegend oor Suid-China, Hainan, Indo-China en Noordoos-Indië versprei.
duimnael|links|Tai-Kadai-migrasie volgens James R. Chamberlain (2016). duimnael|links|Stamboom van Tai-Kadai-tale Die Tai-Kadai-tale is na die twee hooftakke, naamlik die Tai-tale en die Kra-tale (by Ethnologue Kra-Dai), genoem. Dis hoekom dié benaming omstrede en nie algemeen aanvaar is nie. Aan dié taalfamilie behoort nog die taal Ong Be (op Hainan), die Kam-Sui-tale en die Hlai-tale (ook op Hainan); altesaam bestaan dié taalfamilie uit vyf sytakke waarvan die Tai-tale net die grootste is. Van die alternatiewe benamings sluit in Kra-Dai-, Dais- en Kadai-tale.
Die diversiteit van die Tai-Kadai-tale in suidoostelike China, veral in Guizhou en Hainan, dui daarop dat dit naby aan hul tuisland is. Die Tai-tak het net sowat 'n duisend jaar gelede suid ná Suidoos-Asië verskuif in wat Austro-Asiatiese grondgebied gewees het met die oprigting van nasies wat later Thailand en Laos sou word.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Thai (20 miljoen), Tai Yai (3,3 miljoen) en Lao (3 miljoen). Thai en Lao is die enigste van die Tai-Kadai-tale wat amptelike status in 'n land geniet (in Thailand en Laos, respektiewelik).
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Kategorie:Taalfamilies