Lourens Muller (27 September 1917 – 30 April 2005) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Muller was 'n lid van die Nasionale Party, LP vir Ceres (1961–1979) en het in die kabinette van John Vorster en P. W. Botha gedien. Hy was die adjunkminister van justisie (1966), polisie (1966-1968), finansies (1966-1968) en ekonomiese sake (1966-1968). Daarna word hy die minister van binnelandse sake (1968-1970), polisie (1968-1974), ekonomiese sake (1970-1974) en vervoer (1974-1979).
Biografie Stefanus Lourens Muller is op 27 September 1917 in die distrik Beaufort-Wes gebore. Hy het die skool sonder matriek verlaat en by die Suid-Afrikaanse Spoorweë in Soutrivier aangesluit. Hy het hom later as prokureur bekwaam en in Robertson gaan gepraktiseer.
Muller was 'n lid van die parlement vir die Nasionale Party in die Ceres-kiesafdeling, en het verskeie hoë regeringsposte beklee. Hy was op 'n tyd die gunsteling om mnr. John Vorster as staatspresident op te volg. Die destydse eerste minister, mnr. P.W. Botha, wou egter 'n oormaat van Kapenaars in senior poste voorkom, en het Marais Viljoen van die Transvaal as staatspresident gesteun.Dit kom van ver af..., Rapport, 30 Augustus 2010
Kort hierna het hy weens ongelukkigheid uitgetree en is sy NP-lidmaatskap in 1980 beëindig, klaarblyklik omdat hy nie die jaarlikse ledegeld van R1 betaal het nie. Hy het 'n vurige ondersteuner van die pas gestigte Konserwatiewe Party geword en die KP finansieel ondersteun.'n Minister en 'n jintelman, Rapport, 8 Mei 2005
Muller is op 30 April 2005 op 87-jarge ouderdom in 'n kliniek in Somerset-Wes oorlede. Hy is in Robertson (Wes-Kaap) begrawe.
Verwysings
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 2005 Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van polisie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van vervoer Kategorie:Politici van die Nasionale Party