Die Rhenosterkopdam is 'n gekombineerde swaartekrag-en-boogtipedam geleë in die Elandsrivier ('n deel van die Olifantsrivierbekken) in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dam is in 1984 voltooi met 'n wal wat 36 m hoog is en 'n bakmaat van 206 miljoen m3.
Die dam dien hoofsaaklik vir munisipale en nywerheidsgebruik en sy gevaarpotensiaal is ingedeel as hoog.
Vaalbank (Libangeni) en Mphanga is aan die suidoewer geleë, en die gehug van Koedoespoort aan die noordekant.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo)