Die kliklangtoonpadda (Strongylopus grayii) is endemies aan Suid-Afrika. Die padda kom voor aan die kusgebiede van Suid-Afrika. Hulle kom ook voor in die Laeveld. Hulle vreet hoofsaaklik insekte.
Identifikasie Die padda is 4 – 5 cm lank en leef aan die oewers van strome en poele in berg- en kusgrasveld of fynbos. Die padda is vaartbelyn met 'n skerppuntsnoet. Die agterpote is baie lank en dun met die tone net effens geweb. Die rugkleur wissel en is gewoonlik bedek met 'n dun middelstreep. Die pens is effens wit.
Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Eksterne skakels
Kategorie:Paddas