Hierdie artikel handel oor die moderne stad naby die ruïnes van die antieke Palmyra (ook Tadmoer genoem). Vir ’n artikel oor die antieke terrein, sien Palmyra.
Tadmoer (Arabies: تدمر; ook gespel Tadmor; in baie tale bekend as Palmyra) is ’n stad in Sentraal-Sirië in die Homs-goewernement. Dit is in ’n oase in die middel van die Siriese Woestyn geleë, sowat 215 km noordoos van die hoofstad, DamaskusSyria uncovers 'largest church' BBC News Online, 14 November 2008. URL besoek op 2008-11-16. en 180 km suidwes van die Eufraatrivier. Die antieke ruïnes van die antieke stad Palmyra, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, is sowat 500 m suidwes van Tadmoer. Die stad is relatief geïsoleer; die naaste nedersettings is Arak in die ooste, al-Sukhnah in die noordooste, Tiyas in die weste en al-Qaryatayn in die suidweste.
Tadmoer is die administratiewe hoofstad van die Tadmoerdistrik en die Tadmoersubdistrik. Die stad het in 2004 ’n inwonertal van 51 323 gehad.General Census of Population and Housing 2004 . Central Bureau of Statistics (CBS). Homs Governorate. Tydens die Siriese Burgeroorlog het die stad se inwonertal aansienlik toegeneem vanweë vlugtelinge uit ander dele van die land.
Naam Beide die antieke en moderne stad is in baie tale algemeen bekend as Palmyra. In Arabies is albei stede bekend as Tadmoer.
"Tadmor" is die Semitiese en eerste bekende naam van die stad; dit is in die eerste helfte van die 2de millennium v.C. gebruik. Die oorsprong van die naam is nie duidelik nie; volgens die Nederlandse filoloog Albert Schultens kom dit van die Semitiese woord vir "dadels" (tamar), wat verwys na die palmbome om die stad.
Die naam "Palmyra" het in die vroeë 1ste eeu n.C. in die werk van Plinius die ouere verskyn en is in die Grieks-Romeinse wêreld gebruik. Volgens Schultens het die Romeine die naam na "Palmura" verander (van die Latynse woord palma ("palm"). Daarna is die naam na "Palmyra" verander. Dit kan ook ’n Griekse vertaling van "Tadmor" wees (as ’n mens aanneem dit beteken "palm"), soos Jean Starcky, ’n Franse priester en redakteur van die Dooie See-rolle, glo.
Geskiedenis In 1929 het Henri Arnold Seyrig, die direkteur-generaal van oudhede in Sirië, die ruïnes van Palmyra begin opgrawe en die dorpenaars oorreed om na die nuwe dorp Tadmoer te verskuif wat daarnaby deur die Franse gebou is. Die verskuiwing is in 1932 voltooi en die antieke terrein was gereed vir opgrawings.
Op 13 Mei 2015 het die ekstremistiese militante groep Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) die moderne dorp aangeval en die vrees laat ontstaan dat hulle die historiese terrein sal verwoes. Op 18 Mei het ISIL die antieke terrein oorgeneem.
Verskeie monumente is sedertdien deur ISIL verwoes, en hulle het na berig word plofstowwe om Palmyra geplant.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Bibliografie
Kategorie:Nedersettings in Sirië Kategorie:Palmyra