Die aronskelkrietpadda (Hyperolius horstocki) is 'n klein padda wat in die suidkusgebied van die Wes-Kaap voorkom. Dit is ook endemies aan die gebied. Die padda is roomgrys met helderoranje tone en binneledemate. Die mannetjie het 'n oranje keel. Daar is ook 'n ligte streep vanaf die neus, bo die oog en teen die sy af. Die padda leef in lelies en biesies om panne in fynbos. Dit is 2 - 3 cm lank en vreet klein insekte.
duimnael|links|'n Aronskelkrietpadda in Kaapstad duimnael|links|Van nader bekyk
Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Eksterne skakels
Kategorie:Paddas