Burnshill is 'n klein dorpie in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Dit is 'n voormalige sendingstasie van die Glasgow Sendinggenootskap, aan die voet van die Amatholeberge, in 1831 vernoem na John Burns, die predikant van die Barony-kerk, Glasgow, en een van die stigters van die genootskap.
Dit is in 1851 vernietig nadat dit in 1846 deur Britse soldate in die Oorlog van die Byl aangeval is.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap