Debenek is 'n nedersetting in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Hierdie nedersetting is 19 km wesnoordwes van King William's Town en 38 km oos van Alice. Dit ontleen sy naam aan "Debe" (Khoikhoi vir "brak") en die "nek" waardeur die Deberivier vloei. Dit was die plek van die Slag van Amalinda tussen Ndlambe en Gaika in 1818.
Die gebied rondom Debenek het 'n kommetjie-landskap wat veroorsaak word deur die reuse-erdwurms wat in hierdie gebied voorkom.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap