Saulspoort is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit val onder die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Bojanala-distriksmunisipaliteit ressorteer.
Die dorp, ook bekend as Moruleng, lê aan die noordelike voet van die Pilanesberg, sowat 65 km noord van Rustenburg. Dit is vernoem na 'n voormalige Bakgatla-hoof, Tsheole, Saul genoem deur die vroeë setlaars.
Dit is gestig toe Henri Gonin, 'n Switserse sendeling van die N.G. Kerk wat die evangelie onder die baKgatla-stam verkondig het, verskuif het na die plaas Saulspoort. Die plaas was deur die latere president Paul Kruger besit, en Kruger het dit uiteindelik aan Gonin verkoop in 1869. In 1895 het die baKgatla die grootste deel van Saulspoort by Gonin gekoop.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Noordwes Kategorie:Sending in Suider-Afrika