Die Nieu-Assiriese Ryk was ’n tydperk in die geskiedenis van Assirië van 911 tot 609 v.C.Roux, Georges (1982) "Ancient Iraq", p.283, 376 (Penguin, Harmondsworth) Ná die hervormings van Tiglat-Pileser III in die 8ste eeu v.C. het Assirië die magtigste ryk in die Nabye Ooste geword en oor selfs Babilonië en Egipte geheers.Tadmor, H. (1994). The Inscriptions of Tiglath-Pileser III, King of Assyria.pp.29 Dit het op die Middel-Assiriese Ryk gevolg.

In dié tyd is Aramees saam met Akkadies die amptelike taal van die ryk gemaak.

Ná die dood van Assurbanipal in 627 v.C. het die ryk begin verbrokkel. In 616 v.C. het koning Kuaksares van die Mede ’n alliansie met Nabopolassar gevorm teen Assirië. In 609 v.C. het die nuwe hoofstad, Harran, geval en in 605 v.C. is ’n bondgenootskap van Egipte en die Assiriese koning Ashur-uballit II verslaan. Hierna het Assirië ophou bestaan as ’n onafhanklike staat.Grant, R.G. Battle a Visual Journey Through 5000 Years of Combat. Londen: Dorling Kindersley, 2005 bl. 19

Assur-Dan II, 935–912 v.C. Assur-Dan II (935–912 v.C.) het Assirië se ekonomie en organisasie verbeter en die fondament gelê vir ’n nuwe, suksesvolle staat. Hy het strafekspedisies gereël buite die grense van Assirië om die omringende gebiede te suiwer van Arameërs en ander volke. Hy het daarop gefokus om die ryk binne sy eie grense te herbou. Hy het regeringsgeboue in al die provinsies laat bou en ploeë aan mense oor die hele ryk verskaf. Dit het gelei tot ’n rekordgraanoes.

Die begin van die Nieu-Assiriese Ryk word meestal beskou as die troonbestyging van Adad-nirari II in 911 v.C. Die ryk het bestaan tot met die val van Nineve onder die Babiloniërs, Chaldeërs, Mede/Perse, Skitiërs en Kimmeriërs in 612 v.C.

Uitbreiding, 911–627 v.C. Toe die donker eeu (wat in Assirië van 1050 tot 936 v.C. geduur het) eindelik oor was, het die wêreld drasties anders daar uitgesien. Antieke koninkryke soos Assirië, Babilonië, Elam en Egipte het steeds bestaan, asook die Hetiete in die vorm van kleiner Nieu-Hetitiese state. ’n Paar nuwe state het ontstaan soos Persië, Medië, Partië, die Manneërs, Israel, Urartu, Frigië, Lidië, die Aramese en Fenisiese state van die Levant, Doriese Griekeland, Putrië (Libië), Kolchis, Tabal en Nubië/Koesj.

Dis die antieke staat Assirië wat egter weer ’n grootse ryk geword het wat hierdie nuwe volke asook ou vyande oor die volgende drie eeue sou verslaan.

Van die veldtogte van Adad-nirari II (911-892 v.C.) af het Assirië gegroei tot die grootste ryk wat daar nog in die wêreld was. Die nuwe koning het die voormalige Assiriese leengebiede weer onderwerp, en Aramese, Nieu-Hetitiese en Horitiese bevolkings in die noorde wat probleme veroorsaak het, verower en na verafgeleë gebiede verban. Hy het Babilonië daarna twee keer aangeval en verslaan, en ’n groot streek in Middel-Mesopotamië geannekseer. Later in sy bewind het hy nog grond van Babilonië afgeneem. Hy het ook die Khabur-streek ingepalm.

Sy opvolger, Tukulti-Ninurta II (891–884 v.C.) het Assirië verder uitgebou en tot in die Zagrosgebergte in die hedendaagse Iran uitgebrei. Hy het die nuwe volke, die Perse, Parte en Mede, onderwerp en ook tot in Klein-Asië uitgebrei.

duimnael|links|Assiriërs val ’n dorp aan met boogskutters en ’n stormram, 865–860 v.C. Assurnasirpal II (883–859 v.C.) was ’n dapper heerser wat deur Aram en Kanaän (die huidige Sirië, Libanon, Jordanië en Israel) en Klein-Asië opgeruk het tot by die Middellandse See. Hy het onder andere die Arameërs, Frigiërs en Fenisiërs verslaan en heffings ingestel. Hy het ook opstande deur die Mede en Perse in die Zagrosgebergte onderdruk en sy hoofstad geskuif na Kalhu (Nimrod). Die paleise, tempels en ander geboue wat hy laat bou het, spreek van aansienlike vooruitgang in rykdom, wetenskap, argitektuur en kuns. Hy het ook ’n paar goed versterkte dorpe laat bou soos Imgur-Enlil, Tushhan, Kar-Assurnasirpal en Nibarti-Assur. Hy het verder belangestel in plant- en dierkunde en het talle plante en diere versamel en in Assirië vertoon.

Salmaneser III (858–823 v.C.) se mag is deur ’n groot alliansie van tientalle volke uitgedaag, waarvan sommige leengebiede was, insluitende Babilonië, Egipte, Elam, Persië, Israel, Fenisië, die Arabiere, Arameërs, Suteërs en Nieu-Hetiete. Hy het hulle verslaan, en die mislukking van die alliansie het gekeer dat farao Osorkon II van Egipte weer ’n vastrapplek in die Nabye-Ooste kry.

Hierna het Salmaneser III van die verswakte Babilonië weer ’n leengebied gemaak. Het het die Arameërs, Israeliete, Moabiete, Edomiete, Urartu, Fenisië, Nieu-Hetiete en die Arabiere in die woestyn van die Arabiese Skiereiland toe verslaan en hulle gedwing om heffings aan hom te betaal.

Dit is in die Assiriese geskrifte van die 850's v.C. tydens die bewind van Salmaneser III dat die Arabiere en Chaldeërs vir die eerste keer in die geskrewe geskiedenis opgeneem is.

Ook verskeie ander gebiede is oorwin. In 831 v.C. het hy die Georgiese koninkryk Tabal onderwerp. Teen die einde van sy bewind van 27 jaar was Assirië die heerser van Mesopotamië, die Levant, Wes-Iran, Israel, Jordanië en ’n groot deel van Klein-Asië.

duimnael|Jehu, koning van Israel, buig voor Salmaneser III van Assirië, 825 v.C. Sy opvolger, Shamshi-Adad V (822-811 v.C., ook bekend as Shamshi-Ramman II), het egter ’n ryk geërf waarin burgeroorloë in Assirië self gewoed het. In die eerste jaar van sy bewind was daar ’n ernstige stryd om die opvolging van Salmaneser III. ’n Opstand, wat teen 826 v.C. begin het, is gelei deur Shamshi-Adad se broer Assur-danin-pal. Volgens Shamshi-Adad se eie inskripsies het die opstandige broer 27 belangrike stede aan sy kant gekry, onder meer Nineve en Babilon. Die rebellie het tot in 820 v.C. geduur en Assirië verhinder om verder uit te brei.

Later tydens sy bewind het Shamshi-Adad V suksesvol opgeruk teen Babilonië en Elam en ’n verdrag in Assirië se guns aan die Babiloniese koning opgedwing. In 814 v.C. het hy die nuwe Babiloniese koning ook verslaan en die onderwerping van die Chaldeërs, Arameërs en Suteërs wat na dele van Babilonië migreer het, voortgesit.

Hy is opgevolg deur Adad-nirari III (810–782 v.C.), ’n jong seun. Die ryk is toe deur sy ma, die beroemde koningin Semiramis regeer tot in 806 v.C. Semiramis het die ryk bymekaargehou en het blykbaar die Perse, Parte en Mede onderwerp, wat daartoe gelei het dat sy ’n figuur in die Griekse mitologie geword het.

In 806 v.C. het Adad-nirari III die mag by sy ma oorgeneem. Hy het die Levant verower en die Arameërs, Fenisiërs, Filistyne, Israeliete, Nieu-Hetiete, Moabiete en Edomiete aan sy gesag onderwerp. In Damaskus het hy heffings van die Aramese koning geëis. Hy het hom toe tot Iran gewend en die Perse, Mede en Manneërs onderwerp tot by die Kaspiese See in die noordooste. Hy het daarna suid getrek en Babilon gedwing om heffings te betaal. Sy volgende teikens was die migrerende Arameërs, Chaldeërs en Suteërs wat in die suidooste van Mesopotamië kom woon het. Toe het hy ook die Arabiere in die Arabiese Skiereiland gewing om heffings te betaal.

Dit is in dié tyd dat die Sisiliese Indo-Anatoliese term Surai (Sirië) die eerste keer in die geskiedenisboeke opgeteken is – nie in verwysing na die huidige Sirië nie, maar na Assirië self.

duimnael|’n Stierman van die paleis van Sargon II by Dur-Sharrukin. Adad-nirari III is in 782 v.C. voortydig dood en dit het gelei tot ’n tydelike tydperk van stagnasie. Assirië het steeds militêr oorheers, maar Salmaneser IV (782 – 773 v.C.) self het blykbaar min persoonlike mag uitgeoefen en ’n oorwinning oor Argishti I, die koning van Urartu, word toegeskryf aan die Assiriese generaal Shamshi-ilu, wat nie eens die moeite gedoen het om sy koning se naam te noem nie. Shamshi-ilu het ook oorwinnings behaal oor die Arameërs, Frigiërs, Perse en Nieu-Hetiete, en het homself weer die eer toegeëien eerder as vir sy koning.

Ashur-dan III het die troon in 772 v.C. bestyg. Hy was ’n ondoeltreffende leier wie se bewind gekenmerk is deur rebellies in die stede Assur, Arrapkha en Guzana. Hy het geen verdere oorwinnings behaal in Babilonië, Kanaän en Aram nie. Pes het ook in sy tyd uitgebreek en die eer van sy oorwinnings is ook aan Shamshi-ilu toegeskryf.

Ashur-nirari V het in 754 v.C. koning geword. Die vroeë deel van sy bewind het bestaan uit ’n permanente interne revolusie en dit lyk of hy selde sy paleis in Nineve verlaat het. Later tydens sy bewind het hy egter ’n paar geslaagde veldtogte gelei in Klein-Asië en die Levant. Hy is in 745 v.C. deur Tiglath-pileser III (745–727 v.C.) afgesit. Hy was ’n troonrower wie se regte naam Pulu was, en hy het ’n hernude uitbreiding in Assirië teweeggebring. Hy het Urartu, Persië, Medië, Mannea, Babilonië, Arabië, Fenisië, Israel, Juda, Samaria, Nabatea, Chaldea, Siprus, Moab, Edom en die Nieu-Hetiete onderwerp en is tot koning verklaar in Babilonië. Die Assiriese Ryk het nou gestrek van die Kaukasus tot Arabië, en van die Kaspiese See tot by Siprus.

Tiglath-Pileser III het die leër georganiseer tot die eerste professionele gevegsmag in die geskiedenis. Hy het ook verslane volke in sy leërs opgeneem en so die weermag uitgebrei. Hy het die burgerlike administrasie van sy ryk grootliks verbeter en die invloed van die magtige adellikes en streeksgoewerneurs verminder. Hy het ook volke wat probleme veroorsaak het, na ander dele van sy groot ryk verban en so ’n presedent geskep vir alle toekomstige antieke ryke.Georges Roux (1964), Ancient Iraq

Salmaneser V (726–723 v.C.) het die Assiriese mag tydens sy kort bewind uitgebrei en die Egiptenare se pogings om ’n vastrapplek in die Nabye-Ooste te kry, onderduk. Hy het farao Sjosjenq V verslaan en uit die gebied verdryf. Hy word in Bybelse bronne genoem as die veroweraar van Israel en vir die verbanning van die tien verlore stamme van Israel na Assirië. Hy en sy opvolger het ook die Samaritane van Babel, Kuta, Awwa, Hamat en Sefarwajim af gebring om die Israeliete te vervang.2 Konings 17:24

duimnael|links|’n Reliëf wat ’n leeujag uitbeeld, van die Noordelike Paleis van Nineve, 645-635 v.C. Sargon II (722–705 v.C.) het die ryk in stand gehou en die Kimmeriërs en Skitiërs verdryf uit antieke Iran waar hulle die Mede en Perse, leenmanne van Assirië, aangeval en oorgeneem het. Deioces, die koning van die Mede en Perse, was toe verplig om heffings te betaal nadat ’n rebellie deur hom teen Assirië misluk het. Toe ’n rebellie in 720 v.C. in Kanaän uitbreek teen Sargon II, het koning Hanno die hulp van farao Osorkon IV van die 22ste Dinastie van Egipte gevra. Die farao het generaal Raia en troepe gestuur om sy bondgenoot by te staan. Die koalisie is egter verslaan; Raia het na Egipte teruggevlug en die Assiriërs het Hanno lewendig verbrand.Kitchen, §§ 333–36; 463–64Grimal, pp. 341–42

In 716 v.C. het Sargon II ’n leër op Egipte se grens gestasioneer. Osorkon IV het die Assiriese koning persoonlik ontmoet en is gedwing om heffings aan Sargon II te betaal om te keer dat Assirië sy land binneval. Mannea, Silisië, Kappadosië en Kommagene is verower, Urartu is verwoes, en Babilonië, Chaldea, Aram, Fenisië, Israel, Arabië, Siprus en die beroemde koning Midas van Frigië is gedwing om heffings te betaal. Sy steles is ontdek tot so ver wes as Siprus. Egipte, wat nou deur ’n nuwe Nubiese dinastie regeer is, het weer eens probeer om ’n vastrapplek in die streek te kry deur Israel se rebellie teen die ryk te steun. Sargon II het die opstand egter weer onderdruk en farao Pije is teruggedryf. Sargon II is in 705 v.C. dood in ’n aanval deur die Kimmeriërs en is deur Sanherib (Sennacherib) opgevolg.